Successfully reported
+23

Lord Carnarvon Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Daniel Street, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Lord Carnarvon Guesthouse bied moderne akkommodasie in 'n pragtige Karoohuis. Die huis is in 1886 deur Frans Carel Te Water gebou, gerestoureer om reg te laat geskied aan sy eertydse glorie, en verwek herinneringe van vervloë Karooprag.

Die gastehuis het 21 kamers wat toegerus is met lugversorging, satelliet-TV's en sitkamers met knus kaggels. Van die kamers is aparte woonstelle wat oorspronklik diens gedoen het as nagmaalkamers en stalle vir die boere in die omgewing wat die dorp lank terug net een keer per maand besoek het. Beperkte selfsorgfasiliteite is beskikbaar en tradisionele Karoogeregte word bedien op versoek.

Gaste kan lekker ontspan in die gemeenskaplike sitkamer wat toegerus is met 'n kaggel. Verskeie Karoogeregte word voorberei by die gastehuis op versoek en is ook beskikbaar by plaaslike restaurante. Daar is ook braaigeriewe en parkeerplek op die perseel beskikbaar.

Geld kan nie die jare en herinneringe koop wat in die Lord Carnarvon Guesthouse vergestalt word nie. Die gastehuis is pragtig gerestoureer deur Pieter Hoffman. En besoekers word altyd op 'n verbeeldingsreis na die Karoo se eertydse grootheid geneem deur die soomlose vermenging van moderne geriewe en oudhede.

Lord Carnarvon wag op jou om sy drumpel te betree.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 146 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Roland J
Saam met lewensmaat
5.0
A comfortable stay. Stayed in 'Mrs Black', a quaint refurbished house from the early 1900s. Whilst the stay was great, it was difficult...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Ananda V
Saam met lewensmaat
5.0
Ek beveel hierdie plek ten sterkste aan en sal altyd in die toekoms van hul gebruik. Die verblyf was absoluut puik. Skoon, netjies en stylvol.
Jun 2025
Roche B
Saam met lewensmaat
5.0
Op jou gemaak. Ek het baie lekker gebly by die gastehuis.
Mrt 2025
Johan J
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker. Ja, baie lekker gebly in die mooi Karoo na 'n lang dag se reis. Kos was uit die boeke uit, ook by die puik eetplek.
Jan 2025
Irene D
Gesin met tieners
5.0
Unieke, netjiese verblyf. Vriendelike diens en die etes was heerlik. Mooi, netjies en skoon, veilig en sou graag nog tyd daar wou spandeer. Unieke ver...
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Carel Pieter Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 214

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 10 Daniel Street, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
  • Gaste dink Lord Carnarvon Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 100
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 100
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Daniel Street, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc5b5e5627298729fa0cd3b91143dc4648b77168fe376f607a149d2dd783ce39a536a5d7715cabd5078f5281ceedb65fc253c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 146 5 1 5 10 Daniel Street Carnarvon 8925 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.96788111392 22.129442095757
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang