Successfully reported
+20

Lynnwood View Bed & Breakfast

Op die Nippertjie-aanbod 15% af

Kry 15% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 13 Farmers's Folly, Lynnwood, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Vanaf R1 100 R935 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Lynnwood View Bed & Breakfast is in die oostelike voorstad, Lynnwood. Staan op die balkon van een van ons ruim, volledig toegeruste kamers in Lynnwood en beleef die uitsonderlike voëllewe en die rus en vrede. Ons is geleë in 'n sekuriteitskompleks en daar is veilige parkeerplek op die perseel.

Dié B&B is maklik bereikbaar vanaf al die hoofweë (die N1 en N4) in die Tshwane-omgewing en ook naby Tuks, CSIR, die botaniese tuin, Innovation Hub, ambassades, hospitale, restaurante, skole, Menlyn en Loftus, Brooklyn Teater en Atterbury Teater. Jy kan die middestad ook in 'n japtrap van hier af bereik.

'n Tradisionele ontbyt word bedien in ons privaat gaste-eetkamer en aandetes is op versoek beskikbaar. Ons het 'n welige tuin en 'n groot swembad.

Ons gaste kom van al die uithoeke van die wêreld af en ons personeel is opgelei deur die Tourism Hospitality Education and Training Authority. Die Toerisme Graderingsraad van Suid-Afrika het 3 sterre aan ons toegeken en ons behoort ook aan die Gastehuisvereniging van Tshwane/Pretoria-Oos.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Toeganklik vir kosaflewerings-apps
Openbare vervoer naby

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 48 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Tania H
Saam met vriende
5.0
Vriendelik, skoon en heerlike ontbyt. Ronel en haar span is wonderlik! Hulle het uit hul pad gegaan om ons ontbyt tye tegemoet te kom vir Judo SA's. O...
Sien meer
Jul 2025
Tania H
5.0
Ons was tuis. Ronel en haar span laat jou tuis voel. Ons was 3 vriende en 'n kind wat 'n kamer gedeel het vir 'n sportgeleentheid. Die kamers is elke ...
Sien meer
Jul 2025
Wilmar S
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend, baie behulpsaam en gemaklike gasvrou en eggenoot. Baie lekker en uitstekende gasvrou. Warm huislike atmosfeer.
Apr 2025
Ferdi V
Gesin met tieners
5.0
Aangenaam en vriendelik. Heerlike ontbyt. Die kamer is ruim en gemaklik. Personeel was baie vriendelik. Ons is aangenaam ontvang. Lekker ontbyt. Die k...
Sien meer
Feb 2025
Dries C
5.0
Gerieflik. Ongeëwenaarde diens en vriendelike mense. Goed ingerig, alles wat 'n mens nodig het.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Ronel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 48

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 13 Farmers's Folly, Lynnwood, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Gaste dink Lynnwood View Bed & Breakfast het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
R 1 100 R 935
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R1 100
R 1 100 R 935
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 100
R 1 100 R 935
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 13 Farmers's Folly, Lynnwood, Pretoria, 0181, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFmMjJjMWY1LTJjOGYtNDRhNC05ZDdkLTJjYzMzZjVmOGMyOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 100 nouVanaf R935 per nag, vir 2 mense 48 5 1 5 13 Farmers's Folly Lynnwood 0181 Gauteng 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.759046611643 28.251470565641

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang