Successfully reported

Mabalingwe Elephant Lodge Unit 270A Tarentaal

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 67 resensies

Goed

Netheid
3.4
Ligging
4.5
Waarde vir geld
3.7
Diens
3.9
Veiligheid
4.6
Anonieme gas
1 nag Saam met vriende
5.0
Sep 2025

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Elani Z
1 nag
5.0
Aug 2025

Heerlike naweek gewees. Ek het baie lekker gebly. Dit was mooi skoon, behalwe dat daar kos in die yskas was toe ek hom oopmaak, wat wel gestink het, en die yskas het nie gewerk nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Tertius V
1 nag
5.0
Mei 2025

Pleasant stay. Good place to go and relax, very nice near the stream. The only problem was that some lightbulbs in the unit were missing, as well as some of the light covers.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Onalenna M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Sep 2025

Beyond exceptional. The location is amazing, the place was clean, we had all the culinary items we needed for our stay, animals roaming around, relaxing beautiful views. Loved the activity centre where we participated in games while relaxing at the poolside listening to music and later had a sunset game drive. The place was well prepared for us and check-in was smooth thanks to our host. We are definitely coming back for a longer stay.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Armin V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Aug 2025

Saligheid n hanetree van die stede. Die verblyf was fantasties! Die ligging is reg by al die fasiliteite van Mabalingwe, soos die ontvangs en uitspan-area. Die roetes vir wildsritte is ook net om die draai van die blyplek. Die kamer is goed ingerig vir twee gaste — daar is genoeg kombuisware en toestelle vir ’n klomp kosvoorbereiding, en die vertrekkies voel knus, maar nie beknop nie. Die beddens is lekker gemaklik, en daar is voorsiening van baie komberse en handdoeke in die kaste. Om jou eie braaigeriewe en buite-eetplek ook te hê, is absoluut hemels op ’n bosveldaand! Ek sal wel twee voorstelle maak: Die toestelle se kragpunte benodig dalk ’n groter multi-prop. Ons kon net die yskas, televisie en dekodeerder op ’n tyd ingeprop hê. Dit het beteken dat as ons die mikrogolfoond, ketel of ander toestelle wou gebruik, moes ons die TV of yskas uitprop (dalk was dit ’n goeie ding ná die Springbokke se slegte nederlaag!). Die kombuisware is goed toegerus, maar ek sou van meer borde en eetgerei hou. Daar is twee klein borde, twee groot borde en twee papbakke, wat beteken dat mens na elke maaltyd gou-gou die skottelgoed moet was om reg te wees vir die volgende ete. Ek sien uit om weer Mabalingwe toe te kom, en sal beslis weer op die blyplek se nommertjie druk!

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Henry O
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Feb 2025

Rus en vrede vir die siel. Alhoewel die eenheid klein restorasies nodig het, het dit oor die algemeen baie lekker gebly. Die diere wat kom kuier het by die agterdeur maak dit beslis die moeite werd.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Andra N
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.2
Mrt 2025

Ons het lekker gekuier en enige probleme wat ons gehad het, is vinnig uitgesortee. Sien sterre.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Derick A
Kort verblyf
4.0
Mei 2025

Bed nie vir getroude mense nie. Baie lekker gebly, bed nie gepas vir getroude mense nie.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Zelda S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.8
Jul 2025

Goed geleë, gerieflike beddens en mooi uitsig, baie potensiaal! Goed geleë naby die ontspanningsarea. Eenheid was nie 2 uur gereed nie. Plek skoon, behalwe vir buitewasbak. Beddegoed skoon, maar baie dun. Selfsorg 'kombuisie' swak uitgelê. Geen plek om iets neer te sit. Baie drade tussen die droogdrak (maar klein wasbak is buite op stoep), ketel, broodrooster en TV op die klein oppervlak wat herinner aan 'n boekrak. Kroegyskas en breekware vir 2 was voldoende. Die water was koffiebruin in alle krane en toilet en het op dag 3 ligte tee kleur geword. Badkamer wasbak het net kokende water gehad vir 4 dae en geen kouewater het uit kraan gekom nie. Waterlek buite die eenheid. Bad/stort kombinasie is baie klein, uiters beknop en onprakties. As jy groterig is, kan jy dalk vassit. Die leefspasie kan baie beter en geriefliker uitgelê word deur 'n paar klein veranderings. TV het nie gewerk nie - op dag 3 het iemand kom kyk, maar dit sou na 24 uur eers aktief wees. WiFi in eenheid swak, maar goed by die ontspanningsarea. Mabalingwe is 'n lieflike oord met baie om te doen.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Stephan V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.6
Okt 2025

Alhoewel ons eenheid substandaard was, bly Mabalingwe 'n fantastiese plek. Alhoewel ek eenheid 270a bespreek het, was ek geskuif na eenheid 265a. Die eenheid het ligte wat nie werk nie, 'n muurprop wat nie werk nie, die stortkop is stukkend en spuit alles nat. Die paslaken het kolle gehad en die kombuis toerusting was onvolledig. Dit was bitter teleurstellend.

Netheid
2.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

3.9/5

Monique Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 506

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
R 1 250
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 250
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Off the R516, Mabalingwe Nature Reserve, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1rmo5Q1gJClkzvciKTsOLNWZBw7NJV4DTS31mabbrybjIGsFMV?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2) 67 5 1 4 Off the R516 Mabalingwe Nature Reserve 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -24.821561455259 28.063169717789
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang