Successfully reported
+68

MacNut B&B

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 28 Farm Maggiesdal, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
  • Vanaf R795 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

MacNut B&B is 7 km vanaf Mbombela (Nelspruit) se stadskern en Ilanga Mall, en slegs 10 minute se ry van MediClinic af. Dit is ideaal geleë vir gaste wat op soek is na gerieflike, ontspanne verblyf in 'n rustige omgewing.

Daar is slaapplek vir 7 gaste in 3 aparte kamers wat op die onderste verdieping van 'n ruim huis geleë is, of slaapplek vir 5 gaste in 'n losstaande eenheid op die perseel. Die kamers kan apart of saam bespreek word. Semi-selfsorg-opsie is ook beskikbaar met braaigeriewe, 'n tweeplaatstoof, braaipan, yskas en breekgoed.

Elke kamer het 'n en suite-badkamer en tee- en koffiemaakgeriewe. Die ruim patio-kamer het 3 enkelbeddens en 'n volledige badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede kamer het 'n dubbelbed met sy eie en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die derde kamer is aan die buitekant geleë met 'n aparte ingang vanaf die tuin. Semi-selfsorggeriewe is beskikbaar sodat gaste ligte maaltye op die stoep kan voorberei. 'n Mikrogolfoond, braaipan en/of tweeplaatstoof kan voorsien word. Daar is 'n yskas op die stoep. Eetgerei is beskikbaar en skottelgoed sal gewas word.

Die gesinseenheid vir 5 is apart van die hoofhuis. Die oopplan-eenheid het 'n dubbelbed en 3 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort en 'n bad. Die eenheid het ook lugversorging, 'n yskassie, mikrogolfoond en basiese geriewe om 'n ligte maaltyd voor te berei of warm te maak.

Die lowerryke tuin het 'n swembad en is ideaal vir voëlkyk, ontspan en swem. Daar is 'n wandelpaadjie wat tot by die 2 damme kronkel en spog met verskeie voëlspesies.

Ontbyt en aandete is teen ekstra koste beskikbaar en moet 'n dag vooraf gereël word. Kospakkies is beskikbaar op versoek vir sakereisigers of besoekers wat op pad is na die Wildtuin of Mosambiek. Daar is ook braaigeriewe en 'n yskas op die stoep. Oorgenoeg veilige parkeerplek vir voertuie en sleepwaentjies is beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 36 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Elmarie L
5.0
Baie baie lekker. Ons het baie lekker gebly. Die eienaars was so vriendelik en behulpsaam. Die ligging is mooi en dit is so rustig.
Jul 2025
Emmanuel R
Besigheidsreis
5.0
Excellent place to stay. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025
Jacques P
Besigheidsreis
5.0
Fantasties en lekker uitgerus in natuur stilte. Baie lekker, stil en rustig met die gebrul van leeu naby die eiendom. Sal beslis weer oorbly.
Apr 2025
Christo K
Gesin met tieners
5.0
Onvergeetlik. In 30 jaar van reis (binne en buiteland) het ek nog nooit 5 sterre gegee nie. Maar MacNut verdien 6 sterre. Baie dankie vir die tyd by j...
Sien meer
Mrt 2025
Amelia D
5.0
Baie mooi eenheid met alles wat mens nodig het in 'n pragtige ligging. Sien sterre.
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Doret Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 36

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Portion 28 Farm Maggiesdal, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
  • Gaste dink MacNut B&B het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 795
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 795
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 795
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 28 Farm Maggiesdal, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAD2y8FgQJ0lWeLxznTIPDAHanMcTQvX8GnKJNQq6yuJgv1oY3S6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R795 per nag, vir 2 mense 36 5 1 5 Portion 28 Farm Maggiesdal Mbombela (Nelspruit) 1200 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.522342586866 30.956451952425
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang