Successfully reported
+33

Madeliefie

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 424 Main Road, Lemoenkloof, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Madeliefie is 'n eiendom wat deur die eienaars bestuur word in Lemoenkloof in die Paarl. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike oornagplek, na aan verskeie doendinge en besienswaardighede in die Kaapse Wynlande.

Verblyf word aangebied in 5 kamers wat elkeen uniek en smaakvol versier is. Daar is 2 enkelbedkamers en 3 kamers wat ingerig is met 'n koningingrootte-bed. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet en elke kamer beskik ook oor lugversorging, gratis WiFi, 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe.

'n Ligte ontbyt is teen 'n ekstra fooi beskikbaar en bestaan uit vars vrugteslaai, meusli, jogurt, 'n tuisgebakte muffin, sap, koffie, tee en die bekende Madeliefie-beskuit.

Ons maak nou van sonkrag gebruik en gaste word dus nie deur beurtkrag geraak nie.

Daar is veilige parkeerplek op die perseel.

Madeliefie is na aan verskeie restaurante en winkels, verskeie skole en colleges, en 'n paar minute agter die stuur is al wat tussen jou en verskeie wynlandgoedere, wynproelokale en keldertoere staan.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 93 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Angelique D
Gesin met tieners
5.0
Dankie. Ons het oornag vir 'n sporttoernooi en alles was perfek. Netjies en skoon kamers. Vriendelik en hulpvaardig ontvang met aankoms. Gevoel asof o...
Sien meer
Sep 2025
Adrian B
5.0
Baie aangenaam. Dit was werklik waarde vir geld, goeie diens, sal dit werklik aanbeveel.
Aug 2025
Sharon B
Besigheidsreis
5.0
Highly recommended for business or leisure travel. Clean, well-appointed, comfortable accommodation! A warm, helpful welcome from Minet...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2025
Elizna A
Saam met lewensmaat
5.0
Home away from home. Fantastic. Nothing to complain about.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2025
Niel V
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelik en aangenaam. Was baie aangename verblyf met 'n mooi skoon wooneenheid met voldoende sekuriteit.
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Willie & Minette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 93

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 424 Main Road, Lemoenkloof, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Gaste dink Madeliefie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 424 Main Road, Lemoenkloof, Paarl, 7646, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA08891e6f763cad3d24dad35cfe5b1f62b512ec6deec517e071825088e729450621fd443e0159f387d23cb59000fd1c30c84c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 93 5 1 5 424 Main Road Lemoenkloof 7646 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.720497 18.963133

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang