Successfully reported
+27

Magalies Mountain View Cottage

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Portion 426, Farm Hartbeesfontein, Hekpoort, 1790, Gauteng
  • Vanaf R1 750 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Magalies Mountain View Cottage is net langs die R560 en die R401 in Hekpoort geleë. Die asemrowende Magaliesberg-uitsigte van die veranda af wag om jou te verwelkom by die bekoorlike kothuis. Luister na die voëltjies wat vroeg in die oggend al begin tjilp en kyk uit vir die warmlugballon wat moontlik oor sweef.

Die kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is bad- en stortgeriewe in die kothuis.

Die kombuis is met 'n elektriese tweeplaatstoof, oondjie, yskas-vrieskas, broodrooster, ketel, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitkamer het 'n gerieflike bank en stoele. Die sitarea maak op 'n stoep met 'n tafel, stoele, sonstoele, en draagbare braaigeriewe oop.

Die stoep is die ideale plek om te ontspan, 'n boek te lees en die pragtige berg-uitsigte te geniet. Daar is 'n privaat hek-ingang en parkeerplek. 'n Vuurput is ook beskikbaar.

Plaashoenders wandel vrylik op die werkende plaas rond op soek na 'n ietsie lekker om te eet. Kinders wat op die plaas kuier kan help om eiers te versamel en henne te voer. Die rivier is net 'n kort entjie se stap van die kothuis af vir diegene wat die plaas 'n bietjie wil verken.

Avontuurlustige gaste kan visvang in die rivier, maar net as die vangs weer vrygelaat word. Jy sal soms die visarend-paartjie hoor roep langs die rivier en jy mag hulle dalk raaksien as jy gelukkig is. As jy hou van fietsry, kan jy gerus jou fiets saambring en die plaaspaaie verken. Daar is heelwat restaurante in die omgewing indien jy nie lus is om voor die kospotte te staan nie. Jy kan ook boetiekbier by een van die kroeë gaan proe.

Daar is verskeie byekorwe op die plaas en die bye produseer heuning van stuifmeel en nektar wat hulle in die vallei bymekaarmaak. Die heuning word hier op die plaas uitgehaal en word nie geprosesseer, verhit of in enige manier behandel nie. Dis rou, natuurlike heuning van van die heuningkoek gespin, gefiltreer en gebottel word. Soms is ons gelukkig genoeg om heuningkoek ook te oes. Die gebottelde heuning en die raar, rou heuningkoek is direk by die inwonende byeboer te koop.

'n Verskeidenheid gebottelde konfyt, marmelades, piekels, blatjang, Italiaanse songedroogte tamaties en gepreserveerde eiervrug wat ook op die plaas geproduseer word, is te koop.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 85 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Albertus Jacobus J
Gesin met klein kinders
5.0
Perfect to rest and unwind. Beautiful views! We had a wonderful stay and Carol was the perfect host. It was cold, but we had all we nee...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2025
Hennie D
Besigheidsreis
5.0
Baie relaxing. Ek kan hierdie pragtige plek aanbeveel, as jy wil welkom en relaks, hierdie plek is perfek, die twee Weimaraners is pragtig en die eien...
Sien meer
Mei 2025
Hein V
Saam met lewensmaat
5.0
Kalmte vir die siel. Calming for the soul! Vol punte vir vriendelikheid, diens, verblyf, netheid en die absolute rustige atmosfeer. Die ontvangs was h...
Sien meer
Feb 2025
Doret G
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, stil, baie goed toegerus, baie goeie waarde vir geld. Sue was 'n fantastiese gasvrou, baie vriendelik en behulpsaam. Die plekkie is toegerus m...
Sien meer
Jan 2025
Anita D
Saam met vriende
5.0
Rustige omgewing in Magalies. Baie rustige atmosfeer en gerieflike kothuis. Die ligging is perfek vir doendinge in die omgewing. Die kothuis is goed t...
Sien meer
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Sue Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 85

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Portion 426, Farm Hartbeesfontein, Hekpoort, 1790, Gauteng
  • Gaste dink Magalies Mountain View Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 750
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 750
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 1 750
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Portion 426, Farm Hartbeesfontein, Hekpoort, 1790, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGMyNWFhMDU4LWQ3NmYtNGM1ZC05MGVjLTI2YTNhMGNhMmZjZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 750 per nag (plek vir 4) 85 5 1 5 Portion 426 Farm Hartbeesfontein 1790 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -25.864667286123 27.628759635582

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang