Successfully reported
+29

Makarios Accommodation & Venue

Selfsorg
  • Kapasiteit: 23 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Makarios Farm Figtree Avenue, Marloth Park, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Makarios Akkommodasie & Venue bied selfsorgverblyf in die hartjie van die bosveld in Marlothpark. Dit is ideaal vir 'n paartjie of 'n groot groep familie en vriende, aangesien dit net 38 km vanaf die Krokodilbrug en 39 km vanaf Leopard Creek Country Club is.

Die lodge bied verblyf in 'n die Hippo-rondawel met slaapplek vir 2, die Nyati-kothuis met slaapplek vir 8 en die Ndlovu-huis met slaapplek vir 13. Elke eenheid is heeltemal privaat en beskik oor slaapkamers met óf koninggrootte-beddens óf enkelbeddens. Die eenhede het hulle eie badkamers met óf storte óf baddens. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Elke eenheid het 'n leefarea met 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n gemaklike sitarea en 'n eetrarea met genoeg sitplek in elke eenheid.

Buite het die eenhede privaat stoepe en tuine met sitplek en braaigeriewe waar gaste met sonsondergang die uitsig oor die rivier kan bewonder. Die rivier is sowat 100 m van die eenhede af waar gaste 'n ononderbroke uitsig oor die Krugerwildtuin kan geniet. Alle gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad by die hooflodge.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Erika S
Saam met lewensmaat
5.0
Werklik 'n lafenis! Uitsig oor Krokodilrivier is asemrowend. Ons het regtig wonderlik lekker gebly en gerus. Ons gasvrou is regtig bekwaam, baie vrien...
Sien meer
Aug 2025
Johan L
Saam met vriende
5.0
Lekker rustige kuier. Sien sterre.
Jul 2025
Hendrik V
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, aangenaam en vriendelik. Baie lekker, skoon en teen die rivier. Alles wat nodig is in blyplek.
Mei 2025
Johan L
Saam met vriende
4.8
Lekker. Ná lekker, soos altyd.
Jun 2025
Elani S
Saam met lewensmaat
4.8
Alles in een - Baie lekker! Pragtige, skoon rondawel. Wonderlike uitsig! Heerlike fudge!
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Mandi / René Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Makarios Farm Figtree Avenue, Marloth Park, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
  • Gaste dink Makarios Accommodation & Venue het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 23 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Makarios Farm Figtree Avenue, Marloth Park, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA62b48bce9373e779b784f2bc58f601dce1957b1aa980264573b724d10fecc32ae05dba81211e574203b62240261f3a261a5b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 Makarios Farm Figtree Avenue Marloth Park 1330 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -25.387152003759 31.748578548431
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang