Successfully reported
+17

Makhato Lodge 99

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sondela Nature Reserve, Farm Tweefontein 462 KR, Bela Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R2 180 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Makhato Lodge 99 is 'n grasdak-boslodge in die Sondela Natuurreservaat naby Bela-Bela. Die Sondela Natuurreservaat is 'n privaat wildreservaat net 150 km buite Johannesburg, waar gaste die stilte van die Bosveld, ontmoetings met sebras, koedoes, impalas en kameelperde of voëlkyk kan geniet.

Lodge 99 is geskik vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 'n solderkamer, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 2 wasbakke. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die solderkamer op die boonste verdieping het 2 enkelbeddens en bied toegang tot 'n onderdakbalkon met buitemeubels. Dié 2 slaapkamers deel 'n badkamer wat 'n bad, stort, toilet en 2 wasbakke het.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, opwaskamer en 'n toonbank met 5 stoele toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel vir 6. Die sitarea het sitplek en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met sitplek en 'n etenstafel vir 6. Daar is ook 'n boma met 'n vuurput, 'n ingeboude braai en 'n piekniektafel.

Sondela het 'n restaurant, kroeg, koffiewinkel, algemene handelaar vir basiese benodigdhede, gemeenskaplike swembaddens, 'n wildsentrum en 'n spa, Iketla Wellness and Spa, op die perseel. Gaste kan wildkyk, perdry, fietse huur, 'n 4x4-hindernisbaan aandurf of op begeleide vierwielmotorfiets-ritte gaan.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
3.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Sondela Geverifieer

Eiendomme 46

Resensies 223

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Sondela Nature Reserve, Farm Tweefontein 462 KR, Bela Bela, 0480, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 180
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 180
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 2 180
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sondela Nature Reserve, Farm Tweefontein 462 KR, Bela Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA20d832eaf0e2b1a994c3b90055c391514d7200a7e49f5f62553563d4790322d5d00af4e5351e4e2d668fd9b7720e16bd2822?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 180 per nag (plek vir 6) 1 5 1 4 Sondela Nature Reserve Farm Tweefontein 462 KR 0480 Limpopo 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -24.926426382164 28.392105487172
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang