Successfully reported
+9

Mamba 1927

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 1927 Mamba Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Mamba 1927 in Marloth Park bied gehalte verblyf aan 'n familie of groep vriende. Dit is binne gemaklike bereik van talle winkels, restaurante, besienswaardighede en opwindende aktiwiteite.
Baie diere wat by die huis kom wei.

Die pragtige huis met lugversorging beskik oor 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 12 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingroote bed en 'n enkelbed. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die vierde slaapkamer het 3 enkelbeddens. Daar is ook 'n dubbelslaapbank in die leefkamer. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien.

Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n slim-TV waarop films gestroom kan word en 'n eetarea met ruim sitplek waar gaste kan maaltye saam kan geniet. Daar is ook gratis WiFi en Netflix.

Die huis het ook 'n uitkyk-area met 'n swaaibankie wat ideaal vir skemerkelkies of oggendkoffie is. Daar is ook 'n swembad en braaigeriewe met toebehore.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.

Die verblyf het ook 'n omsetter en JoJo-tenk in die geval van beurtkrag.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 1 Leefarea 4 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 40 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Anelma R
5.0
Gemaklik en rustig. Awesome plek. Ons het dit verskriklik baie geniet. Die wild het ons elke dag kom groet en daar was genoeg spasie dat almal gemakli...
Sien meer
Jul 2025
Jan B
Gesin met tieners
5.0
Uitstekend. Wat 'n wonderlike plek! So luuks, alles en nog! Fantastiese diens op 'n Sondag nogal nadat 'n kameelperd die waterkraan stukkend getrap he...
Sien meer
Apr 2025
Mulweli R
5.0
Nice and spacious. Lovely place indeed. The family enjoyed this.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Letsie S
5.0
Fantasties! Sal beslis Mamba 1927 kan aanbeveel. Ons het heerlik gebly. Dit was ook 'n wonderlike ervaring vir ons familielede wat van oorsee af kom k...
Sien meer
Okt 2024
Elekanyani D
Saam met vriende
5.0
Our stay was perfect, we really enjoyed ourselves as a group of friends. We had an amazing stay. Everything was as it is in the picture...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Hester Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 40

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 1927 Mamba Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Mamba 1927 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 500
per nag (plek vir 12)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag (plek vir 12)
Vanaf
R 2 500
per nag (plek vir 12)
Bespreek
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 1927 Mamba Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc0620a3e98baba8933070c908e411c12f4a147a1bbd00a03eadee09b9d6a3261c780e39079361a35ad67c54a45a26f5ca970?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 12) 40 5 1 5 1927 Mamba Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-22:00 09:00 -25.3424333317 31.773337810878

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang