Maneli 69
-
Kapasiteit: 5 persone
4 volwassenes, 1 baba - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 77 Edgar Road, Eveleigh Estate, Boksburg, 1459, Gauteng
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Maneli 69 is 'n lieflike selfsorgwoonstel op die veilige Eveleigh Estate in die hartjie van Boksburg. Dit is ideaal vir 'n gesinswegbreek, aangesien dit net 5 minute vanaf Birchwood Hotel is.
Dié woonstel bied slaapplek aan 4 volwassenes en 'n baba en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n bababed, terwyl die tweede slaapkamer 'n koningingrootte-bed het. Die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook 'n toonbank met stoele. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is ook beskikbaar. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die verblyf is ongeveer 10 minute vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe, en is ook naby die N12, Emperor's Palace, Eastrand Mall en Wild Waters Boksburg.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbedjie
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Tumelo Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 77 Edgar Road, Eveleigh Estate, Boksburg, 1459, Gauteng
- Gaste dink Maneli 69 het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 5 persone
4 volwassenes, 1 baba - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 77 Edgar Road, Eveleigh Estate, Boksburg, 1459, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang