Successfully reported
+28

Mankele

  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mankele, Portion 3 of Sudwalaaskraal, Sudwala, 1207, Mpumalanga
  • Vanaf R1 850 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Mankele bied selfsorgverblyf en 'n kampeerterrein vir die hele gesin in die hartjie van Mpumalanga, Suid-Afrika. Mankele is in 'n pragtige, inheemse woud na aan die Sudwala-grotte, langs die Houtboslooprivier. Die gemengde terrein van subtropiese woud, oop grasvelde, berge, valleie en riviere bied die ideale basis vanwaar gaste die talle roetes met skilderagtige berge, riviere en spruite kan verken wat die tuiste van baie voël- en dierspesies is.

Selfsorgverblyf word in houhuisies en seil-safaritente gebied. Meer avontuurlustige gaste kan die kampeergeriewe benut.

Elke selfsorghouthuis het slaapplek vir 8 gaste. Daar is 'n eetkamer, leefarea, badkamer en gaste-toilet sowel as 'n volledig toegeruste kombuis in elke eenheid. Die ligging is ideaal vir skemerkelkies op die dek en daar is ook 'n sprankelende swembad en 'n paar vermaakareas.

Elke safaritent is keurig geplaas in die pragtige bos en het slaapplek vir tot 5 gaste. Elke tent het 'n yskas, ketel, basiese breekware, braaigeriewe, 'n dek met 'n tafel en stoele en privaat ablusiegeriewe.

Die kampeerterrein word omring deur inheemse plantegroei en is langs die Houtboslooprivier. Daar is gemeenskaplike ablusiegeriewe met storte. Die ligging is ideaal vir diegene wat graag naby die natuur wil wees.

Makele het 'n gemeenskaplike kuierarea met 'n goed toegeruste kafee, ligte versnaperinge, lekkers en koeldrank, asook 2 swembaddens.

Mankele bied 'n rits buitelug-aktiwiteite wat geskik is vir die hele gesin en die adrenalien behoorlik sal laat pomp. Daar is geckoing, verfbal en 'n mini-Zipline. Bespreek asb. jou aktiwiteite by die Mankele ontvangs met aankoms.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Christiaan L
5.0
Perfekte blyplek vir aktiewe mense in die bos. Ons was 'n groep van 8. Die huisie was goed ingerig en ons het lekker gebly. Die terrein is baie netjie...
Sien meer
Jul 2025
Ringo V
4.8
Een nag oorgeslaap saam gesin. Oord baie goeie onderhoud gedoen. Netjies en skoon.
Mei 2025
Michael B
Gesin met tieners
4.8
Baie lekker fietsry bane. N lekker uitstappie saam met die gesin.
Jun 2024
Hester J
4.6
Restaurant bekostigbaar, Mankele skoon en veilig. Beslis personeel puik. Bestuur kom groet by Safari tent, maak seker gaste tevrede.
Okt 2024
Hans B
Gesin met tieners
3.8
Alles was netjies en skoon. Ons het net 1 aand oorgebly. Alles was netjies en skoon. Die pad na aan die oord is net bietjie raserig.
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Shane Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 25

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Mankele, Portion 3 of Sudwalaaskraal, Sudwala, 1207, Mpumalanga
  • Gaste dink Mankele het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 850
per nag (plek vir 5)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 850
per nag (plek vir 5)
Vanaf
R 1 850
per nag (plek vir 5)
Bespreek
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mankele, Portion 3 of Sudwalaaskraal, Sudwala, 1207, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAac1465c0be2642137a42f26c2c23c40719f62bf1f97567a5c71d78de60273e03649225073fc6bdbc87d67324c5ac2c8a2e71?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 850 per nag (plek vir 5) 22 5 1 5 Mankele Portion 3 of Sudwalaaskraal 1207 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.38806 30.712597
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang