Successfully reported
+83

Marico River Game Lodge

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Riekertsdam Farm, Greater Marico, 2850, Noordwes
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Marico River Game Lodge is tussen die Kromellenboogdam en die Marico-Bosveld Natuurreservaat geleë. Dit is die ideale bestemming vir oornagverblyf of 'n vakansie. Marico River Game Lodge bied gehalteverblyf met verskeie doendinge op die plaas en in die Groot Marico-area.

Die verblyf bestaan uit 'n lodge, gastehuis en privaat boshuis en die damhuis.

Die lodge het 2 slaapkamers en slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en 'n badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Albei kamers het lugversorging en 'n balkon met uitsig oor die patio.

Die gastehuis het 3 suites. Kamer 1 het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Kamer 1 en Kamer 2 deel 'n kombuis en leefarea.

Kamer 2 het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Kamer 4 het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Dié kamer het sy eie kombuis en leefarea.

Kamer 1 en 2 is perfek vir 2 gesinne wat deel. Al die kamers het 'n slaapbank vir 1 ekstra gas.

Die Boshuis het 1 slaapkamer en het slaapplek vir 2 gaste. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is 'n ook kombuisie, maar nie 'n yskas nie. Hierdie eenheid het nie elektrisiteit nie, maar het wel sonkrag vir ligte, 'n donkie vir warm water en braaigeriewe.

Die Damhuis is 'n dubbelverdiepinghuis met slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers langs die Maricodam.

Dié asemrowende bosveld is op 'n 600 hektaar plaas met 'n verskeidenheid wild, voëls en pragtige sonsondergange.

Dis gerieflike selfsorgverblyf op pad na die Madikwe-vallei of Botswana.

O.R. Tambo Internasionale Lughawe is net 2 ure en 45 minute se ry vanaf Marico River Game Lodge.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 40 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Hng K
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangename plek en baie rustig. Die plek is baie nice, baie stil, alles wat nodig is, is daar, plek baie skoon.
Sep 2025
Juanita B
Gesin met tieners
5.0
Fantasties, kon weer mens se batterye herlaai! Awesome naweek, het die wegbreek oorgelooflik geniet by Marico River Game Lodge. Ruim huis en ook baie ...
Sien meer
Mei 2025
Sarona Coetzee C
5.0
Awesome paar dae. Baie skoon en netjies, baie goed toegerus. Baie rustig en stil. Sal beslis weer gaan kuier.
Des 2024
Jeanette C
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik! Dit was heerlik! Die kinders het die dam vreeslik geniet, alles was netjies skoon, alles wat ons kon nodig kry was daar, met die mooiste sons...
Sien meer
Feb 2024
Lemar O
Saam met vriende
5.0
My verwagtinge is oortref. Ons het 'n fantastiese naweek gehad by die Marico River Game Lodge. Die huis is perfek ingerig en alles wat mens kan benodi...
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Ane Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 40

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Riekertsdam Farm, Greater Marico, 2850, Noordwes
  • Gaste dink Marico River Game Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Riekertsdam Farm, Greater Marico, 2850, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAXurF3WiQCD9xXqd9h5w9ZiTsYPnZtX187TzLcnbx0m3BbnlNNN?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 40 5 1 5 Riekertsdam Farm Greater Marico 2850 Noordwes 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -25.44952095445 26.377469748259
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang