Successfully reported
+31

Marlot Guest House

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 53 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 49 Devenish Street, Polokwane, 0700, Limpopo
  • Vanaf R990 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Marlot Guest House is in 'n stil buurt in Polokwane naby die middestad en winkelsentrums geleë. Dié lieflike grasdakgastehuis bied gerieflike verblyf en hartlike gasvryheid. Dis ideaal vir gaste wat die omgewing se trekpleisters en doendinge wil verken.

Daar is 23 kamers wat enkel-, dubbel- en gesinskamers insluit. Elke kamer het lugversorging, skuil tussen lowerryke tuine en het 'n privaat ingang, badkamer, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Die gastehuis bied 'n Kontinentale of volledige Engelse ontbyt teen ekstra koste. Spesiale dieetversoeke is welkom. 'n Lughawependeldiens kan ook op versoek gereël word. Marlot Guest House bied gratis WiFi, konferensiegeriewe vir 40, 'n gesellige kroeg met verversings, swembad, veilige onderdakparkeerplek en wasgoedgeriewe.

Marlot Guest House is sowat 11 minute se ry vanaf Polokwane Internasionale Lughawe en sowat 14 minute se ry vanaf Meropa Casino and Entertainment World. Daar is ook verskeie restaurante en kroeë in die omgewing.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 43 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.2
Waarde vir geld
3.9
Diens
4.0
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Hester P
Saam met lewensmaat
5.0
Veilig en skoon! Aangename verblyf! Bly altyd lekker. Ongelukkig het die 2de kamer se TV nie gewerk nie en die badprop in die bad ook nie. Daar was ne...
Sien meer
Mrt 2025
Yolandi L
Saam met lewensmaat
5.0
Goed. Ja, vriendelike ontvangs. Kamer was skoon. Heerlike ontbyt.
Mrt 2025
Kenneth M
Besigheidsreis
4.8
Great work trip. Thank you for a wonderful stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024
Karien D
Gesin met tieners
4.6
Aangenaam en rustig. Die gastehuis is skoon en netjies. Die personeel was besonders vriendelik en hulpvaardig. Die spa-sessie was 'n bonus.
Okt 2025
Amelia V
Gesin met klein kinders
4.6
Netjiese blyplek vir gesin met kinders. Dit was 'n gerieflike oorslaapplek, netjies en skoon. Hulle kan wel aandag gee aan nuwe matrasse.
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Ashock Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 43

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 49 Devenish Street, Polokwane, 0700, Limpopo
  • Gaste dink Marlot Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 990
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 990
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 990
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 53 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 49 Devenish Street, Polokwane, 0700, Limpopo
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb0a0c11ba7ae151a1ee50ed4e8b4116c46373bf583756e483b6548275a13f95b2979db3a90caf76d689e76bbf7362854efe5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R990 per nag, vir 2 mense 43 5 1 5 49 Devenish Street Polokwane 0700 Limpopo 021 201 8901 13:00-21:00 10:00 -23.902400748237 29.464736580849

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang