Marnicus B&B
- Kapasiteit: 15 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
            
            
                Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 72 Goosens Street, Odendaalsrus, 9480, Vrystaat
- Vanaf R1 120 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
            Marnicus B&B bied aan gaste gerief en gasvryheid in 'n stil woonbuurt in Odendaalsrus.
By Marnicus B&B het gaste 'n keuse tussen 6 individueel versierde en suite-kamers met privaat ingange. Die kamers is ingerig met dubbel- of enkelbeddens, en perkallinne en handdoeke word voorsien. 'n Komplimentêre tee- en koffieskinkbord word voorsien wat tee, koffie, melk en vrugtesap bevat. Elke kamer het ook 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, 'n yskas, 'n ketel en basiese eetgerei. 'n Werkslessenaar en DStv is ook beskikbaar. Rook word nie in die kamers toegelaat nie en gaste sal gerieflikheidshalwe hul eie hekafstandbeheer hê. Vir groter groepe kan Kamers 2 en 3 gekombineer word.
Gaste is welkom om van die swembad en lapa met sy braaigeriewe gebruik te maak. 'n Engelse ontbyt kan in die kamer, die eetarea of in die lapa geniet word. Ander etes is op versoek beskikbaar. Parkeerplek is naby die kamers geleë en is skadu, asook agter 'n afstandbeheerde hek en elektroniese heining. 
'n Paar winkels en wegneemetes is naby Marnicus B&B geleë. Die B&B is ook 15 km vanaf Welkom, 4 km vanaf die Phakisa-renbaan en verskeie doendinge kan in die omgewing geniet word, insluitend gholfspeel by die Ernst Oppenheimer-gholfbaan, en wildritte by die verskeie reservate in die area.
        
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Marijke Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 22
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- 72 Goosens Street, Odendaalsrus, 9480, Vrystaat
- Gaste dink Marnicus B&B het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 15 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 72 Goosens Street, Odendaalsrus, 9480, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang