Successfully reported
+10

Maxi's Cottage

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 39 Condor Street, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Maxi's Cottage bied lieflike selfsorgverblyf met 'n privaat ingang op die eienaar se eiendom in die hartjie van Oudtshoorn. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n paartjie of alleenreisigers wat op soek is na 'n oornagverblyf in die area.

Dié woonstel met lugversorging het gemaklike slaapplek vir 2 gaste op 'n slag en beskik oor 'n en suite-badkamer. Dit is ingerig met 'n dubbelbed en die badkamer is toegerus met 'n instapstort, wasbak en toilet. Alle linne word voorsien asook handdoeke, sjampoe en conditioner asook stortjel.

Verder is daar 'n leefarea met 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Daar is ook 'n wasmasjien in die kombuisarea. Vir gaste se vermaak is gratis WiFi en 'n TV ook beskikbaar.

Daar is ook 'n gemaklike werkspasie met proppe beskikbaar vir skootrekenaars.

Buite is daar 'n privaat patio met 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie in die aand. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.

Die dorp het 'n lieflike swembad wat sowat 2 km vanaf die kothuis is.

Dit is opmerklik dat die Mediclinic 2,7 km vanaf die kothuis is.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 30 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Andria L
5.0
Baie gerieflik! Dis skoon, gerieflik, veilig en die bed is baie gemaklik. Als wat jy nodig het, is daar. Dis ook privaat en rustig.
Okt 2025
Mariana W
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het die netjiese plekkie baie geniet. Wonderlike gastehuisienaars. Heerlik gekuier. Ek sal dit beslis aanbeveel.
Okt 2025
Karen D
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly! Pragtig skoon en modern met alles wat mens nodig het. Ons het baie lekker gebly! Ongelooflike vriendelike gasvrou en gasheer. Pragt...
Sien meer
Sep 2025
Mara S
Besigheidsreis
5.0
Fantastiese verblyf opsie in Oudtshoorn. Lieflike eenheid. Uitstekend toegerus vir kort of lang verblyf. Uiters netjies en skoon. Afwerking en toebeho...
Sien meer
Sep 2025
Riaan H
Saam met lewensmaat
5.0
Die Cottage was baie netjies en die diens was puik gewees. Sal dit beslis aanbeveel. Die Cottage was baie netjies en die diens was puik gewees. Sal di...
Sien meer
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Maria Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 30

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 39 Condor Street, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Gaste dink Maxi's Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 39 Condor Street, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8faa580e321d669a769c547e6c45a948b5926af8ed3f674754a02f69a426f82d5cfa3372f8b2c4f2f243c4ae8bf2ff40e572?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 30 5 1 5 39 Condor Street Oudtshoorn 6625 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -33.5804642 22.2136373
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang