Successfully reported
+51

Meander Stay

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Naude Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R1 080 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Meander Stay is aan die voet van 'n berg geleë en bied selfsorgverblyf in Clarens, en toegang tot 'n natuurroete met 'n stroompie.

Verblyf is beskikbaar in 4 selfsorg-eenhede: LemonThyme wat slegs vir families is, en Rosemary wat geskik is vir paartjies of 2 enkel persone en dan Lavender en Sage wat geskik is vir paartjies.

Die LemonThyme Gesinskamer het 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n sitkamer. Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n toonbank toegerus. Die sitkamer het 'n kaggel, WiFi en toegang tot 'n onderdakstoep met 'n braai en berg-uitsig.

Die Rosemary-kothuis is 'n selfsorg-kothuis 'n oopplan-ontwerp. Daar is 'n kombuis, slaapkamer, badkamer, leef-area en 'n braai-stoep. Die kothuis het ook 'n mooi uitsig en is ideaal vir 'n paartjie of 2 persone. Die kombuis is met 'n yskas, induksie-plaat, mikrogolf oond, eetgerei en breekware toegerus. Verder lei die kothuis na 'n stoep met braaigeriewe.

Lavender-kothuis is ook 'n selfsorg-kothuis met 'n oopplan-ontwerp. Daar is 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en die badkamer het 'n stort en 'n bad. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, induksieplaat, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die eenheid het ook 'n stoep met mooi uitsig op die berg. Daar is ook braaigeriewe.

Die Sage-kothuis is 'n selfsorg-kothuis met 'n oopplan-ontwerp. Daar is 'n kombuis, slaapkamer, badkamer, leef-area en 'n stoep met braaigeriewe. Die kothuis het ook 'n mooi uitsig en is ideaal vir 'n paartjie. Die kombuis is met 'n yskas, induksieplaat, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus.

Veilige parkeerplek word voorsien. Rook en geen geraas word op die perseel toegelaat nie. 'n Skoonmaakdiens is teen 'n ekstra koste per sessie beskikbaar en moet vooraf bespreek word.

Meander Stay is 400 m vanaf 'n rits winkels en restaurante en Clarens bied verskeie aktiwiteite soos gholfspeel, vierwiel motorfietsr y, bergfiets ry, wandel, stap- en 4x4-roetes. Gaste kan ook die kunsgallerye en die Basotho Culture Village besoek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 80 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Carien S
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig met pragtige uitsig. Wonderlike plek, rustig met pragtige uitsig.
Okt 2025
Petra B
Saam met lewensmaat
5.0
Madelein en Johan se akkommodasie is van dié beste wat ons nog 'raakgetoer' het! Heerlike verblyf! Silwerskoon, uitstekende ligging, smaaklik gemeubil...
Sien meer
Sep 2025
Tharisha P
Saam met lewensmaat
5.0
Ons was daar vir 'n verjaarsdag naweek. Die plek is baie mooi en skoon! Ons het dit so geniet! Sal enige tyd weer gaan. Gasvrou is regtig oulik en vri...
Sien meer
Aug 2025
Eckard H
Saam met lewensmaat
5.0
Location. Location. Good food. WiFi.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Christa P
Saam met lewensmaat
5.0
Al ons verwagtinge oortref. Ons het heerlik gebly, die gasvrou was baie vriendelik en kommunikasie was uitstekend. Ons het spesifiek 'n plekkie met 'n...
Sien meer
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Madeleine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 80

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 1 Naude Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Meander Stay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Rolstoelvriendelike parkeerplek
Vanaf
R 1 080
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 080
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 080
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Naude Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA82cbee96298784aefc5c6d6ed774db4cdade3536219d7e42a57dcfbe0cd8ffff5275cdb423cc9988845176dc3083cab6877d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 080 per nag (plek vir 2) 80 5 1 5 1 Naude Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -28.51492 28.41764
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang