Successfully reported
+29

Melozhori Private Game Reserve Cottage

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R317, Melozhori Private Game Reserve, Stormsvlei, 6730, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 250 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Melozhori Private Game Reserve Cottage is 'n volledig toegeruste selfsorghuis wat in 'n privaat wildreservaat in die Wes-Kaap geleë is. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf in 'n rustige omgewing, met 'n opsie van wildkyk op die perseel. Kom geniet 'n manjifieke sonsondergang en asemrowende uitsigte vanaf 'n privaat borrelbad.

Die kothuis is in die middel van die reservaat geleë, hoog op die heuwels en beskik oor 2 en suite-slaapkamers en 'n oopplan-leefarea. Die hoofslaapkamer is toegerus met 'n koningingrootte-bed terwyl die tweede kamer 2 driekwartbeddens en 'n dubbelslaapbank het. Elke badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.

Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Die sitkamer het gemaklike sitplek asook 'n TV met die volledige DStv-reeks kanale. Gratis WiFi is ook regdeur die kothuis beskikbaar en dit beskik ook oor braaigeriewe en 'n ingeboude kaggel.

Vuurmaakhout, houtskool, blits, ys en basiese items soos koffie, tee, suiker, 500 ml melk, beskuit, olie, asyn, sout en peper word voorsien. Gaste sal met aankoms verwelkom word met 'n komplimentêre Melozhori-vonkeldruiwesap en varsgebakte brood.

Een wildrit is ingesluit per verblyf van 2 nagte. Die reservaat is die tuiste van meer as 18 spesies wild, en die meeste van die Kaap se unieke inheemse fauna en flora.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

4

1 x Koningingrootte-bed

1 x Dubbelslaapbank

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet met bidet

Badkamer

Stort, Toilet met bidet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Lientjie Geverifieer

Eiendomme 6

Resensies 23

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • R317, Melozhori Private Game Reserve, Stormsvlei, 6730, Wes-Kaap
  • Gaste dink Melozhori Private Game Reserve Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 4 250
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 4 250
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 4 250
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R317, Melozhori Private Game Reserve, Stormsvlei, 6730, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1ab074d3a80ab4324058b06d574639614c6af04ccc95fa1641283211326d8afbc3ffc69d52540d3955c6520383652fc6e13f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 250 per nag (plek vir 6) 10 5 1 5 R317 Melozhori Private Game Reserve 6730 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.0410114435 20.09675979607
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang