Successfully reported
+52

Memories Self-Catering @ 5 on Smith

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5 Smith Street, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 450 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Memories Self-Catering @ 5 on Smith bied selfsorgverblyf in 3 nuwe semi-losstaande eenhede in 'n klein sekuriteitskompleks met toegangsbeheer in Oudtshoorn. Dis in die gewilde Wesbank-woonbuurt geleë en naby die Wesbank Laerskool. George Lughawe is net 61 km hiervandaan.

Daar is 3 eenhede genaamd Aloe, Karoo Rose en Spekboom wat elkeen slaapplek vir 4 gaste het. Elke eenheid het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Elke slaapkamer het lugversorging en 'n dakwaaier. Elke kamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word (gaste kan dié opsie versoek) en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. 'n Haardroër is in elke kamer beskikbaar.

Elke kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, broodrooster, ketel, eetgerei, breekware, potte en ander kookgerei toegerus. Die leefkamers het elkeen 'n groot, gemaklike hoekrusbank en 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket. Gedurende beurtkrag hou 'n klein omsetter die ligte, TV en WiFi aan. Ongelukkig sal geen kragproppe tydens beurtkrag werk nie.

Die leefareas bied elkeen toegang tot 'n privaat stoep met ingeboude braaigeriewe en 'n tafel met stoele sodat gaste die soel somersaande van die Klein-Karoo kan geniet. Elke eenheid het 'n outomatiese wasmasjien en 'n wasgoeddraad is in die tuin beskikbaar. Daar is ook vir elke eenheid 'n onderdakparkeerplek voor die voordeur of aan die kant.

Indien gaste op soek is na 'n plek om onvergeetlike vakansieherinneringe te maak of vir oornagverblyf tydens 'n sakereis of sporttoer in Oudtshoorn is Memories Self-catering die perfekte plek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 55 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Pieter B
Saam met vriende
5.0
Heerlik gekuier saam met vriende agv die spasie beskikbaar. Baie netjies en met sorg en smaak meubileer. Pragtige plek.
Sep 2025
Adolf G
Saam met lewensmaat
5.0
Akkommodasie beskik oor alles wat jy nodig het. Heerlik oornag. Uitstekend. Netjies en stylvol.
Aug 2025
Laetitia J
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderful and relaxing. Everything was as it should be. Very easy and the setup was beautiful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Melanie O
Gesin met tieners
5.0
Veilige omgewing en baie goed toegeruste eenheid. Alles wat jy nodig het. Baie veilig, skoon en goed toegeruste verblyf. Alles wat jy nodig het vir 'n...
Sien meer
Jul 2025
Handa V
Gesin met tieners
5.0
Puik! Alles wat jy nodig het en meer.
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Sarie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 55

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 5 Smith Street, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Gaste dink Memories Self-Catering @ 5 on Smith het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 450
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 450
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 450
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5 Smith Street, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAATWLjMrbwVZzvqHRt35rgY5DsgysgLfZE6gDMgnglZLLVKPMJoH?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 450 per nag, vir 2 mense 55 5 1 5 5 Smith Street Oudtshoorn 6620 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.598122876549 22.193339825726
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang