Menlyn Maine Apartment
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 202 Amarand Road, Waterkloof Glen, Pretoria, 0010, Gauteng
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Menlyn Maine Apartment is 'n pragtige selfsorg-eenheid op die 12de verdieping van die veilige Menlyn Maine Residences wat sentraal in Waterkloof Glen in Pretoria geleë is. Dis die ideale verblyf vir 'n sakereis of selfs 'n romantiese wegbreek en gaste kan lekker op die dak ontspan.
Die stylvolle woonstel bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met direkte toegang tot 'n balkon en 'n koninggrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne word voorsien en gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het lugversorging en 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n etenstafel in die middel. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n balkon met 'n uitsig oor die omliggende stad. Gaste het toegang tot die gebou se gastesitkamer en sonnige dak met 'n groot swembad en sonstoele. Die eenheid is 'n hanetreetjie vanaf Atterbury-boulevard en 'n entjie se stap vanaf die besige Menlyn Main Shopping Centre en die opwindende Times Square Casino.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Dina Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 4
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 202 Amarand Road, Waterkloof Glen, Pretoria, 0010, Gauteng
- Gaste dink Menlyn Maine Apartment het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 202 Amarand Road, Waterkloof Glen, Pretoria, 0010, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang