Merrimetsi Gasteplaas
-
Kapasiteit: 10 persone
6 volwassenes, 4 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R709, Merrimetsi Farm 576, Excelsior, 9760, Vrystaat
- Vanaf R4 500 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Merrimetsi Gasteplaas is 'n pragtige gerestoureerde selfsorgplaashuis wat in 1890 gebou is. Dit is op 'n werkende beesplaas aan die voet van die Korannaberge ongeveer 35 km vanaf Excelsior in die Vrystaat.
Hierdie huis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 4 kinders. Dit beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 2 kinderbeddens. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 2 kinderbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad en stort en die derde badkamer het 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware en 'n yskas-vrieskas toegerus. Die sit- en eetarea het oorgenoeg sitplek, 'n kaggel en ingeboude braai. Gratis WiFi is beskikbaar.
Daar is 'n vuurput buite. Gaste kan na die Korannaberg en om Leeukop voetslaan of langs die pad stap. Daar is 'n dammetjie voor die huis waar gaste op 'n vang-en-vrylaat-basis baars kan vang.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Kinderbed vir 1
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
2 x Kinderbed vir 1
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Caitlin Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- R709, Merrimetsi Farm 576, Excelsior, 9760, Vrystaat
- Gaste dink Merrimetsi Gasteplaas het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 10 persone
6 volwassenes, 4 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R709, Merrimetsi Farm 576, Excelsior, 9760, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang