Merry Pebbles Resort
- Kapasiteit: 60 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Old Lydenburg Road, Merry Pebbles Resort, Sabie, 1260, Mpumalanga
- Vanaf R440 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Merry Pebbles Resort and Caravan park skuil aan die oewer van die Sabierivier, net 1 km vanaf Sabie se middedorp. Dié gesinsoord bied verskeie verblyf-opsies en is ideaal vir stadsjapies wat smag na 'n vakansie ver van die stad se rep en roer af.
Die chalets, bungalows, kothuise, lodges, B&B-eenhede, en kampeer- en karavaanstaanplekke bied al te saam slaapplek vir 46 mense. Elke eenheid is uitstekend ingerig met gerieflike beddens, 'n badkamer, kombuis, TV met sekere DStv-kanale, WiFi en braaigeriewe. Die kamers word daagliks skoongemaak.
'n Ten volle gelisensieerde á la carte-restaurant is beskikbaar op die perseel. Daar is heelwat doendinge om jou gesin besig te hou, soos swem (warm- en kouewaterswembad), glybane, tennisbane met spreiligte, mini-gholf, buitelugskaak, en speelparke met trampoliene. Bergfietsryers en stappers kan gerus gebruik maak van die roetes op die grens van die oord. Die Sabierivier is geskik vir trekkerbinnebandry, swem, kunsvlieghengel en kanovaart. Motorfietse en vierwielmotorfietse word nie op die perseel toegelaat nie.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Walter Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 341
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Old Lydenburg Road, Merry Pebbles Resort, Sabie, 1260, Mpumalanga
- Gaste dink Merry Pebbles Resort het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 60 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Old Lydenburg Road, Merry Pebbles Resort, Sabie, 1260, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang