Successfully reported
+72

Merry Pebbles Resort

  • Kapasiteit: 60 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Old Lydenburg Road, Merry Pebbles Resort, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Vanaf R440 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Merry Pebbles Resort and Caravan park skuil aan die oewer van die Sabierivier, net 1 km vanaf Sabie se middedorp. Dié gesinsoord bied verskeie verblyf-opsies en is ideaal vir stadsjapies wat smag na 'n vakansie ver van die stad se rep en roer af.

Die chalets, bungalows, kothuise, lodges, B&B-eenhede, en kampeer- en karavaanstaanplekke bied al te saam slaapplek vir 46 mense. Elke eenheid is uitstekend ingerig met gerieflike beddens, 'n badkamer, kombuis, TV met sekere DStv-kanale, WiFi en braaigeriewe. Die kamers word daagliks skoongemaak.

'n Ten volle gelisensieerde á la carte-restaurant is beskikbaar op die perseel. Daar is heelwat doendinge om jou gesin besig te hou, soos swem (warm- en kouewaterswembad), glybane, tennisbane met spreiligte, mini-gholf, buitelugskaak, en speelparke met trampoliene. Bergfietsryers en stappers kan gerus gebruik maak van die roetes op die grens van die oord. Die Sabierivier is geskik vir trekkerbinnebandry, swem, kunsvlieghengel en kanovaart. Motorfietse en vierwielmotorfietse word nie op die perseel toegelaat nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 341 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Tharina N
Saam met lewensmaat
5.0
Peaceful, beautiful, lots of activities. Was an amazing stay and break away from big city life!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Glen G
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en sentraal geleë. Baie rustig, skoon en Leon vriendelik en behulpsaam.
Sep 2025
Werner L
Gesin met tieners
5.0
Vinnige naweek wegbreek. Die oord is baie netjies, en werk goed onderhou. Hulle het ons met aankoms opgradeer na 'n eenheid met 'n kaggel. Ons kinders...
Sien meer
Aug 2025
Yolanda M
5.0
Perfekte oornag-opsie vir die Mac Mac 100 myl ultra maraton. Die eenhede is baie netjies en skoon.
Jul 2025
Gerda S
Saam met vriende
5.0
Beautiful views and lovely stay. We visited Merry Pebbles to run the MacMac trail. It is a nice resort and the rooms are lovely.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Walter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 341

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Old Lydenburg Road, Merry Pebbles Resort, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Gaste dink Merry Pebbles Resort het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 440
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 440
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 440
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 60 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Old Lydenburg Road, Merry Pebbles Resort, Sabie, 1260, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkxOWJlZDg1LTI2OGYtNDRlYi1hOTk5LTdhOGI0NTUwY2U0OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R440 per nag, vir 2 mense 341 5 1 5 Old Lydenburg Road Merry Pebbles Resort 1260 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.094552640144 30.766981244087
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang