Mienru House
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 27 Buitekant Street, Riviersonderend, 7250, Wes-Kaap
- Vanaf R1 950 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Mienru House is 'n pragtige selfsorghuis in Riviersonderend waar die N2 deur die middel van die dorp loop, wat dit die ideale vakansiebestemming maak.
Dié huis het slaapplek vir tot 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, die tweede kamer het 'n dubbelbed, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. 'n Bad, stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar.
Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n lieflike eetarea met 'n etenstafel met sitplek vir 5 wat na die leefarea lei. Die sitkamer is ingerig met gemaklike sitplek en 'n slim-TV met Netflix en Showmax. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n onderdakstoep met 'n buite-eettafel en 'n ingeboude braai asook 'n lieflike tuin.
Riviersonderend is ook sentraal, mens kan maklik binne 'n uur se ry by die see in Hermanus wees of 'n lekker wynproe in Robertson doen of die bloeiende strate van Greyton verken.
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Elaine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 27 Buitekant Street, Riviersonderend, 7250, Wes-Kaap
- Gaste dink Mienru House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 27 Buitekant Street, Riviersonderend, 7250, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang