Successfully reported
+6

Misty Orchards Guesthouse

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waboom Farm, Waboomskraal, George, 6529, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 760 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Misty Orchards bied selfsorgverblyf op 'n werkende vrugteplaas, Waboom Farm, wat deur Dutoit Agri een van Suid-Afrika se voorste landbouprodusente besit word. Die selfsorggastehuis lê teen die hange van die Outeniekwaberg, en kry sy naam aan die vars bergmis wat laatmiddag oor die Outeniekwa's kruip. Die mis voed die ongerepte fynbos op die bergwand agter Misty Orchards en is ideaal vir die vrugteboorde wat voor die gastehuis wegval teen 'n agtergrond van berguitsigte.

Die gastehuis beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea. Twee van die slaapkamers is ingerig met 'n dubbelbed, en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Al die kamers het paneelverwarmers en waaiers. Die gedeelde badkamer is toegerus met 'n bad en 'n stort. Alle beddegoed en handdoeke word voorsien, en ekstra komberse is beskikbaar.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n 8-sitplek-eetkamertafel en -stoele in die eetarea. Die knus sitkamer het 'n gaskaggel vir daardie koue aande. Die gastehuis bied ook 'n onderdakbraai-area, met alle braaitoerusting en genoeg hout.

Misty Orchards bied aan gaste vars berglug, heerlike stap- en fietsroetes, of bloot tyd om na te dink en te ontspan by 'n magiese bergtoevlugsoord.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Lyn M
Saam met vriende
5.0
Fantastic. Stunning location. Really enjoyed our stay and was a helpful, friendly host. The only negative is that the floors are very s...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Selwyn G
Gesin met klein kinders
5.0
One of the best guesthouses we have stayed at. I would easily recommend it. We had an awesome stay. What a beautiful setting.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Andre B
5.0
My droom aftreehuis en omgewing - huisie in die berge. Wow - rustig - mooi - berge en nogmaals berge - plaasatmosfeer - stil en ver van gewoel en werk...
Sien meer
Aug 2024
Gail H
4.8
Enjoyable, comfortable and peaceful. Very comfortable and enjoyable. Such a peaceful place.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Ronel S
Saam met lewensmaat
5.0
Salig, natuurskoon, rustig. Salig, weg van stad se rumoer, net met natuur se skoonheid om in te drink. Kon nie genoeg fotos neem nie. Baie veilig en a...
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Suzette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Waboom Farm, Waboomskraal, George, 6529, Wes-Kaap
  • Gaste dink Misty Orchards Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 760
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 760
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 2 760
per nag, vir 6 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waboom Farm, Waboomskraal, George, 6529, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGIyZWE5MjFiLTcxM2ItNDU1MS05NWM4LTU4YTQzOTRmNGVhMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 760 per nag, vir 6 mense 16 5 1 5 Waboom Farm Waboomskraal 6529 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.882222222222 22.345833333333
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang