Mjejane Bush Camp River Lodge
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mjejane Game Reserve, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
- Vanaf R3 800 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Mjejane Bush Camp bied luukse verblyf in die bosveld aan die oewer van die Krokodilrivier. Dié reservaat van 4 000 hektaar is in die Suidelike Krugerwildtuin geleë en is die ideale basis om die area te verken.
Die huis beskik oor 3 slaapkamers en kan tot 6 gaste op 'n slag akkommodeer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, 2 wasbakke en 'n aparte toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en beskik ook oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, wasbak en aparte toilet. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en maak gebruik van 'n aparte gastebadkamer met 'n stort, toilet en wasbak.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Dit het 'n eetarea waar gaste maaltye kan geniet.
Die sitkamer het 'n dubbelslaapbank met slaapplek vir 2 kinders. Dit beskik ook oor 'n TV met sekere DStv-kanale.
Die sitkamer loop uit op 'n houtdek met pragtige uitsigte oor die Krokodilrivier tot in die Krugerwildtuin. Die dek spog met 'n plonspoel, buite-eetarea en ingeboude braai.
Die oordgeriewe sluit 'n klubhuis, speelgrond, winkel, swembad, uitkykdek en 'n mobiele spa in. Wildritte is ook beskikbaar indien gereël en teen 'n ekstra koste.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Mjejane Game Reserve, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mjejane Game Reserve, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang