Successfully reported
+161

Montpellier De Tulbagh

Gastehuis
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 84 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Twee Jongen Gezellen Road, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Montpellier De Tulbagh bied die geleentheid vir 'n romantiese, plattelandse wegbreek en spog met 'n bekoorlike kapel, 'n prentjiemooi trou-venue en 'n ou Kaapse styl gastehuis. Dié geskiedkundige Bolandse plaas is in 1714 gestig en word deur die Montténére, die "Berge van Vrees" omring. Montpellier bied verskeie bederfies in ware Tulbagh-styl.

Verblyf word gebied in luukse B&B-eenhede in die Kaaps-Hollandse herehuis, en in warm, rustieke selfsorgkothuise wat omring word deur die wingerd en asemrowende berg-uitsigte bied. Al die verblyfopsies sluit vars beddegoed, handdoeke, en tee- en koffiemaakgeriewe in. Die selfsorg-eenhede het elk 'n yskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, basiese eetgerei en breekware.

Die verblyf is naby die wingerd met groot dennebome wat skadu bied. 'n Onderdakbraai-area en pizza-oond is versteek aan die einde van die groot tuin.

Montpellier is trots om heerlike wynproesessies in die herehuis of onder die bome in die ontwerperstuin te bied. Kom sluit aan vir 'n proesessie van ons uitsonderlike MCC, wit- en rooiwyn.

Gaste kan die pragtige uitsig op die Tulbagh-vallei se berge en Montpellier se wingerd geniet. Perde wei naby die herehuis en daar is 'n groot swembad waar gaste kan afkoel. Gaste kan ook 'n perdrysessie bespreek, stap, draf of fietsry deur die wingerd en tot by Tulbagh self.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 90 resensies

Goed

Netheid
3.7
Ligging
4.3
Waarde vir geld
3.8
Diens
3.9
Veiligheid
4.1
Gaste se hoogtepunte
Sarah-Jane K
5.0
Restful and peaceful. Really enjoyed my stay. Slow pace, good views - perfect for a slow weekend away.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Dr Hendrik H
Besigheidsreis
5.0
Maklik verkrygbaar en skoon. Lekker geslaap, skoon kamers.
Okt 2025
Maranatha W
Saam met lewensmaat
5.0
Very relaxing. Love the bird life and peaceful environment. Very clean and organised.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Marika V
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige, rustige omgewing. Netjiese en veilige verblyf. Ons het heerlik gebly.
Aug 2025
Lucinda R
5.0
It was very peaceful and a beautiful view. It was a nice stay. However, the motor of the fridge made a noise, especially during the nig...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.9/5

Leana Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 90

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Twee Jongen Gezellen Road, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
  • Gaste dink Montpellier De Tulbagh het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 84 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Twee Jongen Gezellen Road, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA41fa29a7c375be06717d0c3284acfa0525d5851fb36fddfa189ca6e3b707b0a5f669bc7bc9a570fc31f32758ceaaff921bbf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 90 5 1 4 Twee Jongen Gezellen Road Tulbagh 6820 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -33.274840164165 19.11098340385
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang