Moonlight Studio
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 302 Old Seaview Road, Chelsea, Gqeberha (Port Elizabeth), 6011, Oos-Kaap
- Vanaf R1 900 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Moonlight Studio is 'n ruim suite in die luukse area van Chelsea Conservancy. Dit het 'n skouspelagtige uitsig vanaf die balkon en die eenheid bied gerieflike verblyf met verhit-en-eetgeriewe vir voorafgekookte maaltye.
Kom ontsnap van die gedruis van die stad en verken die wêreld op hierdie heuwel met vars lug, die reuk van die see, die natuurklanke en 'n verfrissende briesie. Hierdie versteekte juweel bied kwaliteittyd in 'n ware paradys.
Moonlight Studio is op die boonste verdieping en bied slaapplek aan 4 gaste. Dit beskik oor 2 slaapkamers en 'n en suite-badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n hoekbad, stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolf, ketel, dompelkoffiepot, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die hoofslaapkamer het 'n TV met Netflix. Elke slaapkamer lei na 'n balkon met buitesitplek wat 'n uitsig oor die inheemse plantegroei bied. Gratis WiFi en veilige parkeerplek is beskikbaar.
'n Strykyster en strykplank kan op versoek voorsien word.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Karen Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 31
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 302 Old Seaview Road, Chelsea, Gqeberha (Port Elizabeth), 6011, Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 302 Old Seaview Road, Chelsea, Gqeberha (Port Elizabeth), 6011, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang