Successfully reported
+28

Mountain View Lodge Montagu

Gastehuis
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Geen kinders onder 11
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 33 Kohler Street, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

By Mountain View Lodge Montagu kan jy net rustig word en die pragtige berg-uitsig geniet. Die lodge is aan die voet van Kanonkop bo Montagu se dorpskern geleë. Hoewel dit nie van die straat af sigbaar is nie, is dit stapafstand vanaf die middedorp. Privaatheid, ontspanning en 24/7-sekuriteit is gewaarborg.

Ons het 7 nuwe oopplan-kamers. Elke kamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed, kluisie en ventilasie in die dak. Haardroërs is beskikbaar en 2 van ons kamers kan omskep word vir 'n gesin van 4.

Gaste kan die wynroete verken in Silver Shadow, ons Rolls Royce, wat deur ons chauffeur bestuur word.

Die verhitte swembad en boonste dek het 'n uitsig oor die hele vallei. Belgiese- en Suid-Afrikaanse disse kan by die Belgiese restaurant op die perseel genuttig word. Nuttig gerus ook die groot verskeidenheid Belgiese en plaaslike biere, of een van die uitstekende wyne by die kroeg op die perseel.

Suidwaarts in die rigting van Kaapstad (2 ure) ry jy die Boland binne. Noordwaarts na Barrydale (40 minute) ry jy na Suid Afrika se vrugtemandjie, die Klein-Karoo. Ooswaarts na die N1 (45 minute) lê die eindelose vlaktes van die Groot-Karoo voor jou uitgestrek. Kaap Agulhas, die mees suidelike punt van Afrika, is sowat 1 uur se ry van ons af en walvisse kan besigtig word aan die Overberg-kus.

Montagu skuil tussen die Langeberge en die Riviersonderendberge. Hierdie dorpie is perfek geleë, halfpad tussen Kaapstad en die Tuinroete. Robertson se wynroete is op ons drumpel en is definitief 'n onontdekte skat. Op hierdie wynroete kan jy wynproe op 'n skuit, skemerkelkies geniet aan die oewer van 'n rivier en selfs aandete geniet terwyl jy rustig op die waters vaar. Besoek al die plekke wat ons aanbeveel gedurende jou 4 dae in Montagu en ontdek die betowering van hierdie historiese dorpie.

Die klimaat is perfek: ver genoeg suid om van die Karoo se hitte te ontvlug en ver genoeg noord van die Kaap se lang, nat winters af. Gedurende die winter is die dae warm en sonnig en daar val net af en toe 'n bietjie reën. In die herfs staan besoekers verstom voor die landskap se kleure. En in Oktober omskep al die rose die dorp in 'n prentjiemooi lushof.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.7
Waarde vir geld
3.8
Diens
4.0
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Alain Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 23

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • 33 Kohler Street, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mountain View Lodge Montagu het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 500
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 500
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Geen kinders onder 11
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 33 Kohler Street, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhjODFjMjYwLTkzYTgtNDNkNC1iMTM4LTNiMzNmOWI1MDY1YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 23 5 1 5 33 Kohler Street Montagu 6720 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -33.783423246231 20.120011568069

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang