Murray Gasteplaas
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm Murray, Off the R31, Askham, 8814, Noord-Kaap
- Vanaf R800 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Murray Gasteplaas is op 'n plaas net 11 km van Askham af geleë en bied verblyf vir besoekers met slaapplek vir tussen 4 en 24 mense.
Gaste het 'n keuse van 4 selfsorg-eenhede en 'n Boskamp. Die 4 selfsorg-eenhede het elk 2 lugversorgde slaapkamers en 'n badkamer met 'n stort. Die kombuise is volledig toegerus met yskaste, mikrogolwe, stowe en oonde asook tee- en koffiemaakgeriewe. Elke eenheid het 'n sitarea en braaigeriewe is beskikbaar vir elke eenheid.
Die rietgeboude Boskamp is ideaal vir 'n groep of gesin van 8 en bestaan uit 4 slaapkamers wat elk met 2 beddens ingerig is. Matrasse, kussings en lakens word voorsien, maar gaste moet self enige ander beddegoed saambring. Die kamers deel die gebruik van 2 badkamers, en warm water word deur 'n houtvuurdonkie voorsien. Braaigeriewe is ook beskikbaar en hout word voorsien. Neem asseblief kennis dat die Boskamp nie elektrisiteit het nie, maar karavaanligte is beskikbaar wat met gaste se motorbattery aangesteek kan word.
Murray Gasteplaas is ideaal vir voëlkykers en gaste wat die stilte en skoonheid van die Kalahari wil ervaar. Gaste kan ook die DiamondT-koffiehuis in Askham of die Khomani San-plaas besoek wat net 25 km is. Die oostelike grens van die Kgalagadi Park is ook net 85 km weg.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Minette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 37
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Farm Murray, Off the R31, Askham, 8814, Noord-Kaap
- Gaste dink Murray Gasteplaas het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm Murray, Off the R31, Askham, 8814, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang