Successfully reported
+19

My Bushhouse (Bayt AlGhaba)

Spesiale Aanbod 25% af

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 13 Okt 2025 tot 12 Nov 2025.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Hornbill 761, Marloth Park, 1320, Mpumalanga
  • Vanaf R1 200 R900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

My Bushhouse is ’n selfsorg-eenheid in Marloth Park. Die huis is volledig toegerus met breekgoed, messegoed, beddegoed en handdoeke. Gaste moet asb. hul eie swemhandddoeke saambring.

Die eenheid het 2 slaapkamers, 1 volledige badkamer en 'n 1,5 badkamers, ’n buitestort en wasbakke in die slaapkamers. Een van die slaapkamers het ’n dubbelbed en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 1 dubbelslaapbank in die sitkamer. Al die kamers het lugversorging. Die eenheid word nie daagliks skoongemaak nie, en word as selfsorgverblyf bespreek.

Die kookarea binne het ’n oond, stoofplate en braaiplek en daar is ook ’n kookarea buite. In ’n klein omheinde area voor die huis is ’n plonspoel en die braaiplek bied ’n uitsig op ’n watergat. Ons het ’n klein platskerm-TV met volledige DStv en WiFi.

’n Klein sonkragstelsel is geïnstalleer om die ongemak van beurtkrag te verlig. Let asb. daarop dat die stoof en lugversorgers nie aan die stelsel gekoppel is nie. Daar is dakwaaiers geïnstalleer wat saam met die ligte gebruik kan word.

Hierdie eiendom grens aan Parkland en is tussen die rivier en Lionspruit-wildreservaat geleë; dus kan jy tegelykertyd na die seekoeie en visarende by die rivier, asook die leeus by die reservaat luister!

Daar is veilige parkeerplek onder 'n motorafdak. Die motorhuis is nie beskikbaar vir gaste nie, aangesien dit die eienaar se persoonlike items huisves.

Die perseel het ekstra sekuriteit met 'n alarmstelsel buite en binne met laserstraalsekuriteit. Gaste word aangeraai om die instruksies te lees oor hoe om die alarm binne en buite te stel.

Neem asseblief kennis dat geen troeteldiere toegelaat word nie. Gaste moet asb. Marlothpark se reëls volg en die geraasvlakke laag hou.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 111 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Arina V
5.0
Rustic en kon lekker afkoel in die swembad. Ons het baie lekker gebly. Sal beslis weer by My Bushhouse gaan bly. In die aande wat ons gebraai het, kon...
Sien meer
Aug 2025
Lenke K
Gesin met klein kinders
5.0
Clean, safe and great location. We had a wonderful stay. We arrived to a very clean, well-equipped house. The fencing made us feel safe...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Hendrik D
Saam met lewensmaat
5.0
Sommer net 'n lekker om in 'n rustige plek tussen die diere te bly. Ons was nou die vierde keer by die boshuis. Dit voel nou al soos ons vakansiehuis....
Sien meer
Mei 2025
Kobus J
5.0
Heerlik. Het baie lekker gebly.
Apr 2025
Lee J
Gesin met klein kinders
5.0
Beautiful, wonderful, relaxing. We had a wonderful stay at My Bushhouse, we will vir seker book at My Bushhouse again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Martie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 111

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Hornbill 761, Marloth Park, 1320, Mpumalanga
  • Gaste dink My Bushhouse (Bayt AlGhaba) het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
R 1 200 R 900
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R1 200
R 1 200 R 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 200
R 1 200 R 900
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Hornbill 761, Marloth Park, 1320, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA20cfc3a6c0ab73baee11abcff2fe6e3ea0299d5cccaed33c51af1905a68c24c5482873b0144e14a489beb81fe619f59c00cc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 200 nouVanaf R900 per nag (plek vir 6) 111 5 1 5 Hornbill 761 Marloth Park 1320 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-22:00 09:00 -25.35689 31.76138

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang