Mykonos
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lamont Farm 393, Johnsons Post, 31 km from Mossel Bay, 6504, Wes-Kaap
- Vanaf R1 550 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Mykonos is 'n lieflike selfsorgkothuis wat op die werkende skaapplaas, Lamont, geleë is, 31 km buite Mosselbaai. Dit is ideaal vir 'n paartjie wat op soek is na 'n romantiese wegbreek van die stad se gewoel.
Dié privaat kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Warm water word deur 'n donkiel voorsien, wat op versoek deur die eienaars beheer sal word. Die sitarea het gemaklike sitplek vir ontspanning.
Buite is 'n onderdakstoep met sitplek, ingeboude braai en 'n privaat plonspoel. 'n Houtvuurwarmbad is teen 'n ekstra koste beskikbaar.
220Volt krag word verskaf deur sonpanele en 'n omsetter. Battery-aangedrewe lampe word voorsien.
Die kothuis is 'n kort entjie vanaf die Gouritsmond en Vleesbaai-strande. Gaste kan ook buite-aktiwiteite soos voetslaan, fietsry en visvang in die Gourits-rivier geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Colleen Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 43
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Lamont Farm 393, Johnsons Post, 31 km from Mossel Bay, 6504, Wes-Kaap
- Gaste dink Mykonos het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 2 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lamont Farm 393, Johnsons Post, 31 km from Mossel Bay, 6504, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang