Successfully reported
+23

Nettie's Overnight Accommodation

Gastehuis
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Kokerboom Street, Springbok, 8240, Noord-Kaap
  • Vanaf R920 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Nettie's Overnight Accommodation is in Springbok geleë en het slaapplek vir 7 gaste in 3 eenhede.

Dié oopplan-eenheid, Eenheid 1, het 'n uitsig oor die tuin en dorp, en beskik oor 'n koningingrootte-bed. Daar is 'n dubbelslaapbank in die sitkamer. Die en suite-badkamer het 'n stort.

Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n TV met DStv en die sitarea lei na die tuin met braaigeriewe. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Kamer 2 en 3 beskik elkeen oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Geriewe sluit 'n yskas en tee- en koffiemaakgeriewe in. Albei kamers het ook hulle eie privaat ingange en toegang tot braaigeriewe en parkeerplek.

Nettie's Overnight Accommodation is stapafstand vanaf die middedorp met verskeie winkels en restaurante. Springbok bied ook doendinge, soos bergfietsroetes, en tussen Augustus en September, afhangend van die reënval, kan gaste ook blommekyk.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 87 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Kathleen S
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlike plek, skoon en netjies. Die gasvrou was baie hulpvaardig en vriendelik, het ons baie advies gegee in verband met wegneem etes. Sal die plek...
Sien meer
Okt 2025
Elize W
Saam met vriende
5.0
Baie lekker! Fantastiese vyfster verblyf!
Aug 2025
Johan M
Saam met vriende
5.0
Comfortable, safe and friendly atmosphere. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025
Nolan T
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelike mense, baie behulpsaam en veilige parkering in 'n pragtige omgewing. Die gasheer en gasvrou is baie vriendelik en het alles gedoen om ons ...
Sien meer
Apr 2025
Sakkie L
Saam met lewensmaat
5.0
Kan Netties Accommodation beslis aanbeveel. Eienaars was baie gasvry en het ons goed ontvang. Ons eenheid was baie netjies en skoon en het aan al ons ...
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Jeanette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 87

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 1 Kokerboom Street, Springbok, 8240, Noord-Kaap
  • Gaste dink Nettie's Overnight Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 920
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 920
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 920
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Kokerboom Street, Springbok, 8240, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAD1ANCRduOOZEbEqCjAeaWr00ivjNFChrgJ3MDrrNnZ3oyZbMan?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R920 per nag, vir 2 mense 87 5 1 5 1 Kokerboom Street Springbok 8240 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.66531090105 17.891103992502

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang