Successfully reported
+25

Niekerk's View

Spesiale Aanbod 25% af

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 8 Apr 2025 tot 31 Des 2025.

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 106, Paarden Island, Kakamas, 8873, Noord-Kaap
  • Vanaf R900 R675 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Niekerk's View is in die Noord-Kaap, naby Kakamas op die mooi Paardeneiland, net 3 km van die R359 af, op pad na die Augrabieswaterval. Dié werkende plaas is op ’n heuwel en bied pragtige uitsigte oor die wynlande en die kontras van die berge en die weivelde van die Kalahari in die agtergrond.

Die woonstel bied ruim selfsorgverblyf vir 2 gaste. Daar is ’n dubbelbed met linne en matrasse kan vir 2 kinders voorsien word. Die kamer het lugversorging as 'n lafenis vir die warm somersdae. Verder is daar ’n en suite-badkamer met ’n stort, wasbak en toilet. Handdoeke word voorsien.

In die kombuis is daar ’n yskas-vrieskas en ’n mikrogolfoond wat ideaal is vir verhit-en-eet-maaltye. Tuisgebakte beskuit, koffie en tee is beskikbaar in die kamer.

Braaigeriewe, hout en veilige parkeerplek word voorsien.

Die omgewing bied 4x4-, stap- en bergfietsryroetes asook visvang op ’n vang-en-vrylaat-basis en kanovaartritte binne ’n 20 km-radius. Besienswaardighede sluit die Riemvasmaak-warmwaterbronne wat 40 km weg is, die Augrabieswaterval wat net 20 km weg is, die Kakamaswatertonnels 25 km van die plaas af en wynproe by die Oranjerivier Cellars en Mas Wine Cellars in. Daar is ook ’n rits padstalletjies en restaurante in die area wat 'n besoek werd is.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 44 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Hestia M
5.0
Rustig, verfrissend en kalmerend. Kom terug met 'n lied in my hart. Baie lekker gebly. Ek sal enige tyd weer daar tuisgaan. Die rustigheid en die voël...
Sien meer
Aug 2025
Jenifer P
Gesin met klein kinders
5.0
Pleasant and we enjoyed the hospitality. We had a pleasant stay from day no. 1 with our host.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
John E
Gesin met tieners
5.0
Vriendelike gasvrou en mooi omgewing. Baie rustige en veilige omgewing.
Mei 2025
Magda O
Gesin met tieners
5.0
Sal Niekerks View beslis aanbeveel 10/10 vir hulle. Riekie is 'n besonderse mens. Ons het onmiddellik welkom gevoel. Ons het heerlik gekuier. Kamers i...
Sien meer
Apr 2025
Isabella Z
Saam met lewensmaat
5.0
Nice place to stay. We stayed very comfortably there and enjoyed the animals all around. We really enjoyed the company of Bella the dog...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Riekie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 44

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Plot 106, Paarden Island, Kakamas, 8873, Noord-Kaap
  • Gaste dink Niekerk's View het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
R 900 R 675
per nag (plek vir 5)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R900
R 900 R 675
per nag (plek vir 5)
Vanaf R900
R 900 R 675
per nag (plek vir 5)
Bespreek
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 106, Paarden Island, Kakamas, 8873, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAQ0U70plJQ6N7cZR3eGf36AQ6YZFUiW9i3Bss6FuvQK6dvx8bOg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R900 nouVanaf R675 per nag (plek vir 5) 44 5 1 5 Plot 106 Paarden Island 8873 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.708345 20.502547
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang