Nieshoutkloof Self-catering Farm and Venue
- Kapasiteit: 230 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off the R336, Stillerus Farm, Kirkwood, 6120, Oos-Kaap
- Vanaf R200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Nieshoutkloof Selfsorgplaas en Venue is in die hartjie van die Sondagsriviervallei aan die voet van die Rietbergberg geleë en bied verblyf aan groepe en gesinne, karavaangangers, kampeerders, 4x4-groepe, fietsryers en besoekers aan die area.
Gaste het 'n keuse om 1 van die kampeerplekke of die selfsorg Aragon's Villa te bespreek. Vir die kampeerplekke kan gaste 1 van die geëlektrifiseerde en nie-geëlektrifiseerde staanplekke bespreek. Die staanplekke is onder ons doringbome naby die gemeenskaplike lapa, Die Wortel, en ablusiegeriewe geleë. Gaste kan gebruik maak van die lapa se kombuis wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, 'n yskas, 'n eetarea, asook 'n ingeboude braai.
Aragon's Villa is apart van die kampterrein geleë en is 'n ruim selfsorghuis vir tot 8 mense. Die huis beskik oor 4 slaapkamers wat die gebruik van 2 badkamers deel, en vir gerief word beddegoed en handdoeke voorsien. Die kombuis is toegerus met die nodige toebehore soos 'n stoof, 'n yskas, asook 'n mikrogolfoond. Etes kan by die etenstafel geniet word, en gaste kan in die sitkamer ontspan. Die leefarea maak oop op 'n omvoustoep met 'n ingeboude braai en het lieflike uitsigte oor die omgewing.
Nieshoutkloof Selfsorgplaas en Venue bied staproetes, voëlkyk, 4x4-roetes by Kabouga, en is net 5 km vanaf Kirkwood en die terrein vir die gewilde Kirkwood Wilsfees.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.6/5
Suki Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Off the R336, Stillerus Farm, Kirkwood, 6120, Oos-Kaap
- Gaste dink Nieshoutkloof Self-catering Farm and Venue het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 230 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off the R336, Stillerus Farm, Kirkwood, 6120, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang