Noordhoek Bliss Beach House
-
Kapasiteit: 6 persone
5 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 94 Beach Road, Chapman's Peak, Noordhoek, 7979, Wes-Kaap
- Vanaf R4 240 per nag, vir 5 mense
Beskrywing
Noordhoek Bliss Beach House is 'n pragtige vakansiehuis in die hartjie van die skouspelagtige area van Noordhoek. Hierdie verblyf is die perfekte opsie vir 'n wegbreek langs die strand, want hierdie huis is net 'n paar tree vanaf 'n strand wat 6 km lank is.
Hierdie verblyf bied slaapplek aan 5 volwassenes en 1 kind en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed wat slegs vir 1 volwassene en 'n kind geskik is. Die tweede badkamer het 'n stort.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei, breekware, toonbank met stoele, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Daar is 'n lowergroen tuin met 'n buite-etenstafel en braaigeriewe en gaste kan ook 'n see-uitsig geniet. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kinderbed vir 1
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Antje Brandt And Geverifieer
Eiendomme 12
Resensies 12
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 94 Beach Road, Chapman's Peak, Noordhoek, 7979, Wes-Kaap
- Gaste dink Noordhoek Bliss Beach House het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 6 persone
5 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 94 Beach Road, Chapman's Peak, Noordhoek, 7979, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang