Successfully reported
+31

Noordhoek Hidden Gem

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 Emerald Terrace, San Michel, Noordhoek, 7979, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 280 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Noordhoek Hidden Gem is in die prentjiemooi voorstad Noordhoek geleë en is 'n gewilde bestemming onder vakansiegangers is. Die lieflike selfsorghuis het 'n mooi tuin en is in 'n rustige omgewing. Dit is 'n luukse en gesofistikeerde villa met 'n moderne ontwerp en is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n afgesonderde vakansie.

Die smaakvolle huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamer het elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en gaste in hierdie slaapkamer maak gebruik van 'n gedeelde badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Elke slaapkamer bied direkte toegang tot die stoep. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n sitarea, eetarea en kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. DIe eetarea het 'n etenstafel met 6 stoele en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n koffietafel, kaggel en 'n TV. Daar is ook 'n lessenaar indien gaste werk moet doen.

Gratis WiFi is beskikbaar en gaste is welkom om in die welige tuin te ontspan of 'n al fresco-maaltyd op die stoep met sitplek vir 6 te geniet. Die stoep het ook 'n pragtige see-uitsig en die huis bied direkte toegang tot die strand wat etlike treë vanaf die voordeur is. Gaste kan dus heerlik gaan visvang, staanplankry of swem.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Antje Brandt And Geverifieer

Eiendomme 12

Resensies 12

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 4 Emerald Terrace, San Michel, Noordhoek, 7979, Wes-Kaap
  • Gaste dink Noordhoek Hidden Gem het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 5 280
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 280
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 5 280
per nag, vir 6 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 Emerald Terrace, San Michel, Noordhoek, 7979, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA51b1ccfbcc8a9b0ea0a8e11008ba34711c23e066ee4829cc439dd01e9f482f4c77a325dcb8883a2babef77c08fa02daad074?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 280 per nag, vir 6 mense 2 5 1 5 4 Emerald Terrace San Michel 7979 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-21:00 10:00 -34.1030177 18.3929958
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang