Ocean Rocks Villa
Kry 15% af op alle besprekings wat 3 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
-
Kapasiteit: 8 persone
6 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 32 Ridge Road, Umhlanga Rocks, 4319, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R3 999R3 400 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Ocean Rocks Villa is 'n villa in Italiaanse styl wat sentraal geleë is in Umhlanga Rocks en is stapafstand vanaf die strand en die lewendige Umhlanga-dorpie waar gaste heerlike restaurante en lewendige kroeë kan vind.
Dié villa kan tot 8 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers asook 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer met lugversorging is ingerig met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, wasbak en toilet. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 'n koninggrootte-bed, met 'n slaapbank as ekstra. Die tweede badkamer het 'n stort en die derde badkamer het 'n bad. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Dié huis het 'n sitarea, 'n sentrale eetarea en 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Bykomende slaapbank is beskikbaar vir kinders onder 12. Die eerste sitarea het 'n kaggel en die ander sitkamer het asemrowende see-uitsigte en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is 'n ruim patio met 'n buite-eettafel, braaigeriewe en 'n lieflike swembad. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel agter 'n afstandbeheerde hek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Jasmaine Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 5
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 32 Ridge Road, Umhlanga Rocks, 4319, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Ocean Rocks Villa het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 8 persone
6 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 32 Ridge Road, Umhlanga Rocks, 4319, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang