Successfully reported
+32

Ocean's 25

Weeksdagaanbod 25% af

Kry 25% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 15 Sep 2025 tot 30 Nov 2025.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 47 Ellcock Road, Warner Beach, Kingsburgh, 4126, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 100 R825 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Ocean's 25 is 'n selfsorg-gastewoonstel in Kingsburgh. Dis in 'n veilige kompleks met direkte toegang tot die strand. Die perseel is die ideale basis vanwaar gaste die omliggende besienswaardighede kan verken.

Die eenheid is op die tweede verdieping en beskik oor 'n oopplan-leefarea met 'n asemrowende uitsig op die Winkelspruit-strand en -vuurtoring. Die voordeur lei na 'n helder kombuisie. Die badkamer is langs die kombuisie en het 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Die woonstel het 'n privaat ingang en beskik oor al die nodige toestelle. Komplimentêre tee, kitskoffie en melk word voorsien. Hierdie eenheid het lugversorging.

Die oopplan-eenheid het 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelslaapbank. Daar is 'n lieflike balkonarea met 'n tafel waar gaste kan sit en die sonsopkoms of -ondergang kan geniet en die dag kan afsluit met 'n lekker koppie tee. Riviervoëls voorsien voltydse vermaak vir voëlkykers soos die Kuifkopvisvangers blitsvinnig in en uit die water duik op soek na aandete.

Gaste het ook toegang tot die swembad op die perseel. Daar is 'n pragtige grasperk met 'n braai-area onder die eenheid wat gaste mag gebruik. 'n Parkeerplek vir slegs 1 motor is beskikbaar in die kompleks.

Gaste het direkte toegang tot die strand met 'n sleutel wat die hekkie na die strand oopsluit. Daar is 'n 24-uur sekuriteitswag en 'n ontvangskantoor gedurende kantoorure.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

4

1 x Koningingrootte-bed

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort-oor-bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 39 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Ledel V
Gesin met klein kinders
5.0
Uitstekend. Defnitief waarde vir geld. Ons sal vir seker weer daar bly. Die sleeper bank se slaapgedeelte is wel stukkend, maar ons kleintjie kon stee...
Sien meer
Sep 2025
Steph V
Saam met lewensmaat
5.0
Peaceful, scenic, comfortable, and unforgettable coastal retreat. Ocean's 25 was the perfect coastal getaway for my wife and me. The ac...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Martie N
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was baie lekker. Ons het baie lekker gebly, dit was so rustig en die uitsig was amazing. Ons sal beslis weer gebruik maak van die plekkie.
Jun 2025
Pierre J
5.0
Rustige wegkom. Netjies, skoen, stil en rustig. Alles werk. Mooi uitsig en winkels naby.
Des 2024
Lisinda L
Saam met vriende
5.0
Asemrowende uitsig oor die strand! Die eenheid is baie netjies en lyk presies soos die advertensie. Ons sal definitief weer 'n draai daar maak.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Natalie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 105

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 47 Ellcock Road, Warner Beach, Kingsburgh, 4126, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Ocean's 25 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
R 1 100 R 825
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R1 100
R 1 100 R 825
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 100
R 1 100 R 825
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 47 Ellcock Road, Warner Beach, Kingsburgh, 4126, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA36a72de5dd9d30008be50729c7f7fa438a31a7e82769f953af821a5e882a55e31da7c4a4abf7bc826adce139fdb35338bf71?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 100 nouVanaf R825 per nag (plek vir 4) 39 5 1 5 47 Ellcock Road Warner Beach 4126 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -30.0925780724 30.86158016627

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang