Oceans Rise
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 114 2nd Avenue, Pumula, Hibberdene, 4235, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Oceans Rise is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in Pumula. Dit is 'n uitstekende keuse vir vriende en familie wat op soek is na 'n rustige tuisbasis tydens hul besoek aan hierdie kusdorpie.
Die huis het slaapplek vir tot 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, elk met 'n en suite-badkamer. Die eerste twee slaapkamers is ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die derde slaapkamer 'n dubbelbed en 'n dubbelslaapbank het. Elkeen van die en suite-badkamers het 'n stort, wasbak en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, mikrogolf, eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n ontbyttoonbank met stoele. Die sitkamer is ingerig met gemaklike sitplek, en vir gaste se vermaak is daar slim-TV's in die slaapkamers en in die leefarea. Toegang tot Wi-Fi is beskikbaar.
Gaste kan privaat braaigeriewe en parkeerplek van die straat af op die perseel geniet. Hierdie eiendom is naby plaaslike geriewe soos winkels en restaurante, met Pumula Beach wat ongeveer 2 km ver is.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
1 x Dubbelslaapbank
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 114 2nd Avenue, Pumula, Hibberdene, 4235, KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 114 2nd Avenue, Pumula, Hibberdene, 4235, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang