Odeon Towers 1102
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 66 Beach Road, 1102 Odeon Towers, Cape Town, 7139, Wes-Kaap
- Vanaf R1 062 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Odeon Towers 1102 is 'n lieflike selfsorgwoonstel in 'n veilige gebou in die hartjie van Strand. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n gesinswegbreek, want hierdie woonstel spog met ononderbroke see-uitsigte en is stapafstand vanaf Strandstrand geleë.
Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir altesaam 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, lugbraaier, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is ook beskikbaar. Vanuit hierdie kombuis lei 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Die ligging van hierdie kompleks is net oorkant die straat van die strand af en stapafstand vanaf baie winkels en restaurante op Beachweg. Gaste sal ook 'n entjie se ry vanaf Somerset Mall, gholfbane en die Stellenbosch-wynroete wees.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Host Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 778
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- 66 Beach Road, 1102 Odeon Towers, Cape Town, 7139, Wes-Kaap
- Gaste dink Odeon Towers 1102 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 66 Beach Road, 1102 Odeon Towers, Cape Town, 7139, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang