Successfully reported
+62

Old Post Office Lodge

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Corner of George and Leila Lane, Wilderness, 6560, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Old Post Office Lodge is in die hartjie van Wildernis in die Wes-Kaap, bo die besige Pomodoro Restaurant geleë. Dit is ideaal vir reisigers wat op soek is na gerieflike slaapplek naby al die besienswaardighede op die Tuinroete.

Ons het 6 slaapkamers, elkeen met 'n koninggrootte-bed, koningingrootte-bed of 2 enkelbeddens en 2 van die kamers het 'n slaapbank. Elke kamer het 'n en suite-badkamer, balkon en die nodige geriewe om jou tuis te laat voel, soos 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie, WiFi en koffie- en teemaakgeriewe. Badhanddoeke word voorsien en die kamers word daagliks skoongemaak, maar nie op Sondae nie. Skoonmaakdienste op Sondae is beskikbaar teen ekstra koste.

Die tariewe is slegs vir die kamer. Ontbyt is teen ekstra koste beskikbaar en word by Pomodoro Restaurant bedien.

Die lodge is bokant die bekende Pomodoro Restaurant waar gaste ontbyt kan geniet, asook ander etes teen ekstra koste. Die lodge is ideaal vir besoekers wat die omgewing wil verken en daar is oorgenoeg binnenshuise en buitelugaktiwiteite. Laasgenoemde sluit staproetes, abseil en kanovaart in. Klop by ons aan vir onvergeetlike avonture!

Hierdie lodge het 'n sonkragstelsel en hul eie water om 'n gerieflike verblyf te verseker.

Ons het nie 'n ontvangarea by die lodge nie. Gaste moet 'n inklokbrief by Pomodoro se bestuurder kry. Die lodge se opsigter bly nie op die perseel nie, dus het gaste meer privaatheid.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Baie goed

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Fossie F
Besigheidsreis
5.0
Awesome verblyf en naby alle restaurante en winkels! Ek het 'n oorslaapplek benodig in Wildernis en die verblyf was uitstekend geprys en baie sentraal...
Sien meer
Apr 2025
Melinda W
5.0
Perfekte vinnige oorbly - netjies en heerlik sentraal. Heerlike vinnige een-nag oorslaap. Perfek vir wat ons nodig gehad het. Kamer was netjies en sko...
Sien meer
Apr 2024
Hendrik Jacobus (jaco) V
4.8
Neat, clean and wonderful location. Shower water keeps changing from warm to cold.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Mark D
4.2
Would definitely stay here again if I was passing by. I had a great stay. The room had everything I needed and the location was perfect...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025
Gavin V
4.0
Dit was vinnig, maar ek het lekker gebly. Lekker sentraal en naby George en strande.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Magda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 25

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Corner of George and Leila Lane, Wilderness, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink Old Post Office Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 400
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 400
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 12 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Corner of George and Leila Lane, Wilderness, 6560, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI1OTI3YTVmLTEyNWEtNDgxZi1hODE2LTMyYmY4MDMwYTgwOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense 25 5 1 5 Corner of George and Leila Lane Wilderness 6560 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -33.994041666667 22.575552777778
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang