Successfully reported
+41

Olijvenhuis

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hopewell Road, Suid-Lemoenfontein, Beaufort Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Olijvenhuis is op 'n plaas 5 km buite Beaufort-Wes geleë en bied ruim verblyf wat ideaal is vir gesinne. Dit dien ook as die ideale oornagverblyf.

Die 2 kothuise word deur olyfboorde omring en is volledig toegerus met slaapplek vir tot 6 gaste. Die ruim gesinskamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens, klerekas, haardroër, waaier, elektriese komberse, verwarmer, wit linne en handdoeke. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n aparte gaste-toilet.

Die oopplan-leefarea het gemaklike sitplek, 'n dagbed en 'n enkelbed vir 2 gaste. Daar is 'n TV met DStv-kanale, asook lugversorging en 'n waaier.

Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolf, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die leefarea het 'n binnebraai wat ook as 'n kaggel kan dien. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste.

Daar is ook 'n kuierarea buite met 'n boma en sitplek vir 10 gaste. Verder is daar 'n groot buitebraai en braairoosters word voorsien. Potjiekospotte is te huur.

Daar is ondedakparkeerplek langs die huis beskikbaar, asook oorgenoeg oop parkeerplek.

Olijvenhuis het panoramiese uitsigte op die reusagtige Muweveldberg wat voorheen die San se tuiste was. Sterrekyk is ook gewild.

Beaufort-Wes bied die Chris Barnard Museum en verskeie historiese geboue. Donkiekarritte kan op versoek gereël word en daar is ook verskeie winkels en restaurante.

Die omliggende omgewing bied unieke eko-toerisme wat verskeie voetslaan-, fietsry- en 4x4-roetes insluit. Die Karoo Nasionale Park is net buite die dorp en bied wildritte en die geleentheid om verskeie wild te sien. Dié park is ook'n veilige hawe vir die bedreigde swart renoster.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 295 resensies

Baie goed

Netheid
3.9
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.2
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Niki M
5.0
It was lovely! It was lovely! It was a one-night stopover on our way to Cape Town. But we would have loved to stay longer!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Hester V
5.0
Rustig en heerlik geslaap. Het heerlik gebly en 'n goeie nagrus gekry.
Sep 2025
Christopha V
Gesin met tieners
5.0
Lekker plekkie op die plaas. Absoluut fantasties. Tieners het dit ook geniet.
Jul 2025
Jochen V
Saam met lewensmaat
5.0
Restful. Host answered the phone promptly or phoned back when he missed my call and gave great instructions. When we notified him of no...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Rynier P
Gesin met klein kinders
5.0
Plein en simpel. Yes! Rustic. Real. No frilletjies en designer jols. Basics, waarde vir geld. Skoon beddens. Lekker kussings, sterre, vuurtjie. Shower...
Sien meer
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Wouter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 295

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Hopewell Road, Suid-Lemoenfontein, Beaufort Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Olijvenhuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 600
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 600
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hopewell Road, Suid-Lemoenfontein, Beaufort Wes, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDVjZTMwM2U1LTAzNzUtNDg0Yy05YWQ4LTM0NDhkYTBiYjFhNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag, vir 2 mense 295 5 1 5 Hopewell Road Suid-Lemoenfontein 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -32.341833333333 22.631297222222
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang