Successfully reported
+44

On The Beach at Strand

  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 47 Beach Road, Welgelegen Apartments 401, Van Ryneveld, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 800 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

On The Beach at Strand is 'n selfsorg-eenheid wat net 50 m vanaf die Ryneveld-strand in Strand geleë is. Die eenheid is gerieflik ingerig is vir 6 gaste en bied praguitsigte oor die see.

Die bekoorlike woonstel beskik oor 3 slaapkamers waarvan 2 'n see-uitsig het, 2 badkamers, 'n kombuis, eetarea en sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en toilet.

Die tweede badkamer het ook 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Hierdie 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye om die etenstafel met 'n uitsig oor die see geniet.

Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale, Netflix en WiFi waar gaste kan onstspan en die gedeeltelike see-uitsig geniet.

On The Beach het 'n hysbak en onderdakparkeerplek binne die kompleks. Daar is ook 'n gemeenskaplike tennisbaan, braaigeriewe, wasmasjiene en tuimeldroeërs wat gaste kan gebruik.

Op die strand kan gaste branderplankry, visvang, swem, walvis kyk of die sonsondergang op 'n bootvaart geniet. Die area het ook talle voetslaanpaaie en stap- en fietsryroetes. In Strand is daar verskeie restaurante, winkels, kafees, kroeë en besienswaardighede soos die Strand Waterworld & Fun Park, 'n putt-puttbaan en die Helderberg Wynroete wat gaste kan verken.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 35 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Sandri P
Saam met vriende
5.0
Lekker gerus met mooiste view. Alles was wonderlik. Mooiste view, skoon en veilig.
Sep 2025
Suzette S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly. Parkering was effe 'n uitdaging met 'n groot voertuig. Lekker gebly in hierdie pragtige eenheid met hope pakplek. Goed toegerus met...
Sien meer
Jun 2025
Andre D
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gebly. Veilig, goed versorg en netjies.
Jun 2025
Selma E
Gesin met tieners
5.0
Uitstekende waarde vir geld. Plek was ongelooflik netjies met als wat jy verwag van 'n "huis weg van die huis".
Apr 2025
Doreen P
Gesin met klein kinders
5.0
Excellent! Beautiful place, has everything you need and more. When we visit again, we will use On the Beach again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Reinhardt Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 35

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 47 Beach Road, Welgelegen Apartments 401, Van Ryneveld, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink On The Beach at Strand het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 800
per nag, vir 4 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R 1 800
per nag, vir 4 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 47 Beach Road, Welgelegen Apartments 401, Van Ryneveld, Strand, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbae9ce48ebd9b9f8baeffc70d35406c405da74d24509f51ed7240d9eaf8f7e6c6281de4ae1f50ad8ba59d6a899a5d54bdd11?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag, vir 4 mense 35 5 1 5 47 Beach Road Welgelegen Apartments 401 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.121068159352 18.830999006749

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang