Successfully reported
+18

Jbay on the Rocks

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
    6 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 58 Spekboom Street, Kabeljous, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
  • Vanaf R4 500 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Jbay on the Rocks is 'n pragtige huis by die strand in Kabeljous, Jeffreysbaai. Dié selfsorgvakansiehuis het slaapplek vir 6 volwassenes en 4 kinders en is ideaal vir 'n groep vriende, paartjies of 'n groot gesin.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed, en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die vyfde slaapkamer het 2 stapelbeddens en bied toegang tot 'n aparte badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, wasmasjien, skottelgoedwasser, ysmasjien, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n ontbythoekie. Die leefarea het 'n etenstafel, gemaklike rusbanke en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. WiFi word voorsien.

Die skuifdeur in die leefarea lei na 'n stoep met sitplek waar gaste agteroor kan sit en die asemrowende see-uitsig kan bewonder.

Jeffreysbaai is bekend vir branderplankry en wat dit onderskei, is dat die koue water van die Atlantiese Oseaan en die warm strome van die Indiese Oseaan gekombineer word om die beste, hoë golwe te skep. Die Supertubes is sowat 1 km ver en die Albatros-branderplankryplek, waar die dolfyne baljaar, is reg voor die huis. Walvisse besoek ook die baai in September. Jeffreysbaai het 3 Blouvlagstrande en Kabeljousstrand is sowat 400 m ver. Die strand strek oor 11 km en besoekers kan tot by die Gamtoosrivier stap. Visvang, diepseeduik, branderplankrylesse, sandplankry, fietsritte langs die see en perdry-uitstappies is maar net van die aktiwiteite wat in die area beskikbaar is. Jeffreysbaai is ook die Oos-Kaap se calamari-bedryfsmiddelpunt en vars seekos is volop by die dorp se restaurante. Daar is ook baie koffiewinkels. Die Fountain Mall is net 10 minute ver, asook Surf Village wat die bekende Billabong-winkel en ander bekende winkels insluit.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 4 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Alme Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 61

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 58 Spekboom Street, Kabeljous, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
  • Gaste dink Jbay on the Rocks het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 4 500
per nag (plek vir 10)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 4 500
per nag (plek vir 10)
Vanaf
R 4 500
per nag (plek vir 10)
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
    6 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 58 Spekboom Street, Kabeljous, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA98dcf5c9ce7e8cac41ebaef8e925b2c7ccd2061fadba8d298eed949919ed3da43e2a6a93d5adc93f0327ab0d0ddfc1f7bfb6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 500 per nag (plek vir 10) 3 5 1 5 58 Spekboom Street Kabeljous 6330 Oos-Kaap 021 201 8901 10:00-19:00 10:00 -34.018448272253 24.928136383088

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang