Successfully reported
+22

Ons Dorpshuis

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 15 Garb Street, Noordeinde, Beaufort Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ons Dorpshuis is 'n bekoorlike gastehuis aan die buitewyke van Beaufort-Wes in die hartjie van die Karoo. Dié historiese eko-toerismebestemming is die oudste en grootste in die Karoo-streek en spog met 'n versameling Steentydperk-terreine, rotskuns, dinosourusfossiele en 'n hele klomp argitektoniese invloede.

Verblyf word in 'n standaarddubbelkamer en gesinskamer aangebied. Die dubbelkamer het slaapplek vir 2 gaste en die gesinskamer het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Die kamers het elkeen hulle eie badkamer, sowel as 'n mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, 'n TV met OVHD, lugversorging, yskassie en 'n plafonwaaier.

Elke eenheid lei na 'n stoep met 'n piekniektafel. Daar is ook 'n lekker braai-area, gratis WiFi en genoeg parkeerplek op die perseel.

Gaste kan gerus die nabygeleë Karoo Nasionale Park gaan besoek. Daar is verskeie inheemse bokke en voëls, en dis 'n bewarea vir die hoogs bedreigde swartrenoster en oewerkonyn. Doendinge in die omgewing sluit voetslaan, 4x4-roetes, wildkyk en historiese toere in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Levona L
Saam met vriende
5.0
Baie lekker geslaap. Ja, dit was baie netjies en goed georganiseer.
Jul 2025
Zey D
5.0
Vriendelike warm verwelkoming. Was 'n baie aangename verblyf.
Apr 2025
Anita D
Gesin met tieners
5.0
Baie ordentelike eenheid. Skoon, gemaklik, uitstekend! Ons het baie lekker gebly!
Des 2024
Derrick M
Saam met lewensmaat
5.0
Netjies en als werk. Ons het net oornag en alles was daar wat ons benodig gehad het.
Jun 2024
Lana G
Saam met lewensmaat
4.8
Good rest spot after a long drive. It was just what we needed after a long drive from JHB. Mini fridge and aircon in the room.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Erica Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 15 Garb Street, Noordeinde, Beaufort Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ons Dorpshuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 15 Garb Street, Noordeinde, Beaufort Wes, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAArtBSduqURHn6oDT3RtGa7HSkY5HfhKY7bBSYm6qMC3bEGCbzZL?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 13 5 1 5 15 Garb Street Noordeinde 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -32.337164884376 22.578273019516
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang