Successfully reported
+56

Oorgenoeg

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 3
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 9 Newmarket Road, Longacres Equestrian Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Oorgenoeg bied plaasstyl-verblyf op 'n kleinhoewe in die Longacres Equestrian Estate buite Langebaan, net 3,5 km van Calypso Beach af. Gaste kan ná 'n stappie op die strand of 'n swemsessie in die see terugkeer na die huis en naby die natuur voel.

Verblyf is beskikbaar in 'n kothuis en 'n boomhuis. Nabygenoeg Kothuis bied verblyf aan 4 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 'n solderkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 2 enkelbeddens in die solderkamer. Die sitarea het sitplek, 'n platskerm-TV en 'n kaggel vir die koue wintermaande. Gratis WiFi is beskikbaar.

Hooggenoeg is 'n luukse tweeslaapkamer-boombuis tussen bloekombomre in die perdekamp. Die boomhuis is ontwerp om gaste in 'n rustige en romantiese bui te plaas en hulle tuis te laat voel. Die boomhuis het 'n dubbelbed, 'n oop Victoriaanse bad en 'n aparte toilet.

Albei eenhede het 'n kombuisie wat met 'n yskas-vrieskas, stoofplaat, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus is en daar is 'n privaat stoep met 'n KolKol-houtvuurwarmbad en braaigeriewe.

Onderdakparkeerplek is beskikbaar.

Gaste kan in die area voetslaan aangesien Oorgenoeg reg langs 'n parkstrook geleë is. Diegene wat van die daaglikse gejaag wil ontsnap kan die perde in die perdekamp besoek en op die swaai onder die bloekombome swaai.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 39 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Madelein P
Saam met vriende
5.0
Dit was 'n kort kuier, maar presies waarna ek gesoek het. Dit was 'n aangename ervaring.
Sep 2025
Te S
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike rustige plek. So oulike plek met alles wat jy nodig het, baie warm en welkom wegbreek!
Aug 2025
Dija W
Gesin met tieners
5.0
Sal definitief weer besoek! Ons het dit baie geniet. Ek, my man en ons 2 kinders (8 en 14) het veral die warmwaterbad geniet. Die beddens was gemaklik...
Sien meer
Jul 2025
Zonique V
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelik verwelkom. Baie, baie lekker gebly, sal dit beslis aanbeveel.
Apr 2025
Lindi M
Gesin met tieners
5.0
Tranquility. Dit was hemels, ek kan oornag kla nie. Dit was net perfek gewees.
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Nadea Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 39

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 9 Newmarket Road, Longacres Equestrian Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oorgenoeg het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 300
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 300
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 3
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 9 Newmarket Road, Longacres Equestrian Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA285e06a9b7047ac6a10793bab8f47dde47fda12aa06cd5ff6e2b6a8fe8decf6272f7bf747877cd68b7bd8529525ed73ba7e1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2) 39 5 1 5 9 Newmarket Road Longacres Equestrian Estate 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.044489045831 18.068205574147

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang