OR Tambo Self Catering Apartment 30
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 97 Viewpoint Street, Bardene, Boksburg, 1469, Gauteng
- Vanaf R1 600 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
OR Tambo Self Catering Apartments 30 is 'n volledig gemeubileerde selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Boksburg, naby Johannesburg. Die kompleks is ideaal geleë minder as 10 km vanaf O.R Tambo Internasionale Lughawe.
Dié woonstel op die eerste verdieping beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Albei slaapkamers is ingerig met 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n en suite-badkamer met bad en handstort, wasbak en toilet. Die tweede kamer het toegang tot 'n aparte badkamer met stort, wasbak en toilet.
Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 4 en die sitkamer het 'n TV met DSTV-kanale. Die eenheid is toegerus met gratis WiFi.
Hierdie volledig ommuurde kompleks bied 24-uur-sekuriteit en veilige, onderdakparkeerplek vir voertuie. Die fiksheidskamer, klubhuis, braai-area en swembad op die perseel is gratis beskikbaar vir gaste se gebruik. Die kompleks is ideaal geleë naby die East Rand Mall, restaurante, Wild Waters Park, Emperors Palace, en ander geriewe en besienswaardighede binne 'n radius van 10 km. Die kompleks is minder as 1 km vanaf die Birchwood-konferensiesentrum.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Dave & Delene Geverifieer
Eiendomme 9
Resensies 23
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 97 Viewpoint Street, Bardene, Boksburg, 1469, Gauteng
- Gaste dink OR Tambo Self Catering Apartment 30 het ’n baie goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 97 Viewpoint Street, Bardene, Boksburg, 1469, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang