Oranjezicht Family Stay
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
            
            
                Inkloktyd: 09:00 tot 16:00
 Uitkloktyd: 11:00
- Adres: 20 Hilton Road, Oranjezicht, Cape Town, 8001, Wes-Kaap
- Vanaf R6 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
            Oranjezicht Family Stay is 'n ruim selfsorghuis in Oranjezicht, Kaapstad. Die omgewing van Oranjezicht is 'n pragtige en luukse area wat naby baie van Kaapstad se bekende besienswaardighede geleë is.
Dié eiendom bied slaapplek vir altesaam 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 en suite-slaapkamers. Die eerste en tweede slaapkamers is elk met 'n dubbelbed ingerig, en die derde slaapkamer bestaan uit 2 enkelbeddens. Elke badkamer is toegerus met 'n stort, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook 'n sentrale ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n etenstafel en 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met DStv-kanale. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Dié huis het ook 'n vermaakarea met 'n pizza-oond en 2 buitebraai-areas. Op daardie warm somersdae is daar 'n lieflike swembadarea met buitesitplek. Die huis bied lieflike uitsigte oor Tafelberg en gaste kry veilige parkeerplek.
Dié huis het sonpanele en 'n batterystelsel sodat gaste nie deur beurtkrag geraak word nie.
        
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 20 Hilton Road, Oranjezicht, Cape Town, 8001, Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 09:00 tot 16:00
 Uitkloktyd: 11:00
- Adres: 20 Hilton Road, Oranjezicht, Cape Town, 8001, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang