Successfully reported
+32

Oregon House @ Groenrivier

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R311, Groenrivier Farm, Riebeek-Wes, 7306, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 000 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Oregon House @ Groenrivier bied die rustigheid van 'n ou-styl werkende plaas, met groot grasperke en koel bome. Geleë net buite Riebeek-Wes, kan dit 'n goeie opsie wees vir 'n groot groep vriende of 'n familie aangesien hierdie eiendom op 'n rustige en groen plaas geleë is.

Dié plaashuis kan altesaam 10 gaste op 'n slag gerieflik akkommodeer en beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers asook 'n gastetoilet. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die oorblywende 4 slaapkamers elk 2 enkelbeddens het. Die eerste 2 badkamers is albei toegerus met 'n bad en 'n stort, terwyl die derde badkamer 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof en oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n aparte eetarea waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die knus sitkamer het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Buite is daar 'n lieflike voorstoep met oorgenoeg buitesitplek en 'n draagbare braai wat die perfekte plek is vir beide 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie terwyl dit uitkyk oor die welige groen tuine. Riebeek-Wes het 'n eklektiese mengsel van winkels, galerye, restaurante en koffiewinkels, en die lys doendinge vir 'n plattelandse dorpie oortref 'n mens se verwagtinge.

Kamer-opset

5 Slaapkamers 4 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Magdel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • R311, Groenrivier Farm, Riebeek-Wes, 7306, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oregon House @ Groenrivier het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 5 000
per nag (plek vir 10)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 000
per nag (plek vir 10)
Vanaf
R 5 000
per nag (plek vir 10)
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R311, Groenrivier Farm, Riebeek-Wes, 7306, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5f47728274138c05e335e64d0d1f9bd27c5cb884ebddc926f95246fe950a35234ad20604cb0bb8d1e0639fa6b78086fd268f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 000 per nag (plek vir 10) 1 5 1 5 R311 Groenrivier Farm 7306 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.346243 18.865033364418
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang