Successfully reported
+178

Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Helpmekaar Farm, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
  • Vanaf R400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation is sowat 25 km buite die Noord-Kaapse dorpie Fraserburg geleë en bied kwaliteit, plaasstylverblyf asook 'n kampplek. Hier kan gaste rus, ontspanning en ware Karoo-gasvryheid geniet. Dit is die ideale oornagverblyf tussen Johannesburg en Kaapstad.

Ou Klipskuur maak ook 'n wonderlike naweekwegbreekbestemming vir die moeë stadsbewoner. Die sterre naghemel, sonnige dae en skoon Karoo-lug sal herleef en herstel.

Die Oudeklip- en Oudeskuur-eenhede beskik elk oor 1 slaapkamer en bied 'n TV met DStv. Die slaapkamers het elk 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die en suite-badkamers het elkeen 'n stort, toilet en wasbak. Die slaapkamers het ook elektriese komberse vir daardie koue winteraande. Die kamers beskik ook oor haardroërs en plafonwaaiers.

Die kombuis in die Oudeklip-eenheid is volledig toegerus met alles wat gaste vir selfsorg benodig. Die Oudeskuur bied gerieflike en basiese selfsorgverhit-en-eetgeriewe in 'n klein kombuisie. Die sitarea het gemaklike sitplek asook 'n leeshoekie. Die Oudeklip-eenheid beskik oor 'n lieflike kaggel en die Oudeskuur-eenheid spog met 'n lekker gasverwarmer. Braaigeriewe is ook beskikbaar.

Die Ou Klipskuur-Anneks-eenheid bestaan uit 'n slaapkamer, 'n badkamer en 'n portaalarea. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, elektriese kombers, haardroër, waaier en 'n gasverwarmer. Die en suite-badkamer het 'n bad, wasbak en toilet. Hierdie eenheid bied gemaklike sitplek en 'n klein leeshoekie. Die eenheid beskik oor 'n kombuisie en verhittingsgeriewe.

Gaste het toegang tot gratis WiFi en veilige onderdakparkeerplek vir voertuie word aangebied.

Die kampplek is onder koeltebome met 'n groot plaasdam wat gaste kan gebruik. Daar is drie kampeerplekke en ablusiegeriewe met 'n wasbak, toilet en 'n stort met warm water. Geriewe om skottelgoed op te doen en draagbare braaigeriewe word aan gaste beskikbaar gestel. WiFi word ook vir die kampeerarea voorsien, terwyl parkeerplek onder koeltebome beskikbaar is.

Doendinge op die plaas sluit ontspanning langs die plaasdam, voetslaan- en bergfietsroetes, 4x4-roetes en voëlkyk in. Gaste kan ook die Fraserburg-omgewing verken.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Bertie C
Saam met lewensmaat
5.0
Sielsrus. Baie lekker en rustig.
Aug 2025
Wayne S
Saam met vriende
5.0
Excellent true Karoo style. Anneme was a gracious and inviting host. The accommodation was more than we could have expected. She has ta...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2025
Roy S
Saam met lewensmaat
5.0
Comfortable accommodation and friendly helpful hosts. To be recommended. Extremely friendly and helpful hosts. The accommodation was co...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024
Pierre F
5.0
N kopskoon maker plek. Die stilte en Karoo plaasgevoel is onbeskryflik.
Jan 2024
Glenda P
Saam met lewensmaat
5.0
Comfortable, everything we needed. A lovely place to camp along the road near Fraserbusg, on a quiet Karoo farm. Private ablution was b...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Annemè Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 34

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Helpmekaar Farm, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
  • Gaste dink Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 400
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 400
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Helpmekaar Farm, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2f275f299af78269ee58476ec7d56815112e126e7861a4d8664bfad8c34003fd1f728f5ea1f08f2105841705268bb660d70c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R400 per nag, vir 2 mense 34 5 1 5 Helpmekaar Farm Fraserburg 6960 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -31.783569 21.706965
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang